CANIS MAJORIS - Nagevors en geskryf deur Danie:
 
Canis Majoris is die grootste ster waarvan die mensdom weet. Ek het in verlede week 'n video gekyk oor die groottes van verskillende sterrre. Nou laat ek eerlik wees wanneer ek sÍ dat na jy die video gekyk het besef hoe bitter klein is ons planeet Aarde. As die aarde dan soooo klein is, dan is ek en jy net klein, klein spikkeltjies. Verder verwonder jy jou, na die video gekyk is, dat daar ouens op hierdie aarde kan rondloop en dink hulle is die kat se snor.

Ek stel op 'n manier baie belang in die sterrestelsel, nie dat ek baie weet nie. Ons het planeet Aarde en soos ons weet is daar die maan en die son en 'n duisternis ander sterre en planete. Kom ons praat bietjie oor die son. Die lig van die son wat nou, op hierdie oomblik op jou skyn of as jy in 'n kantoor sit en nie die sonlig kan sien nie, daardie lig wat nou op die aarde skyn is 8 minute gelede van die son af weg, want sien, die son is 150 miljoen kilometer van ons aarde af. Die son is GROOT. Ons aarde se deursnee is 12,742 km en dit terwyl die son se deursnee 1,390,000 km is. Of kom ek stel dit anders, jy kan 1.3 miljoen aardes in die son se ruimte inpak.

Laat ek in eenvoudige taal probeer verduidelik hoe groot is Canis Majoris. Terloops, ek dit dit nie alles op die video gesien nie, maar het gaan hulp soek op die Internet.
 
Ek dink almal wat hierdie paragrawe lees sal saamstem dat ons land darem BAIE groot is. Vra vir enige ou wat van Johannesburg of Pretoria tot in Kaapstad (of omgekeerd) gery het en daar sal vir jou gesÍ word dat ons land darem wyd is. Ek bedoel, dat van Kaapstad tot in Messina (wat sy nuwe naam ookal is), is vrek ver. Seker by die 2000 kilometer. Ek was in 1993 in Amerika en as ek reg kan onthou het ons 19 ure gevlieg. Jy kry skoon plat boudjies van al die sit. Ek meen, Amerika is vanaf Suid-Afrika amper aan die anderkant van die aardbol. En as jy dink dat ons land groot is, lees verder en aan die einde van hierdie insetsel, sal jy begin wonder of planeet Aarde regtig so groot is.

Ek en vroutjie was 'n paar jaar gelede in BelgiŽ. Wanneer jy die land besoek, dan besef jy baie gou dat dit nie 'n vreeslike groot land is nie. Om in BelgiŽ van die een grens tot by die ander grens te ry, doen jy sommer in 'n japtrap. Dis nou amper soos die ouens in NamibiŽ wat vir 'n rugby-oefening so 300 kilometer ry.

Terug na Canis Majoris. Ek het by Google gaan soek na meer inligting in verband met Canis Majoris en het op die volgende afgekom. Dit sal 7,000,000,000,000,000 (7 quadriljoen) aardes neem om Canis Majoris vol te pak. As dit nie vir jou sin maak nie, moenie kommer nie, ek sien ook maar net 'n klomp nulle en my ou verstandjie is hopeloos te klein om dit te begryp. Maar laat ek probeer verduidelik en terloops, dis nie ek wat so slim is nie, Google moes help. 'n Ou kry 1, dan 10, dan 100, dan 1000, dan 10,000 en volgende 100,000 en die volgende groot getal is 1,000,000, dis 'n miljoen. 1,000,000,000 is 'n biljoen (of 'n miljard). 1,000,000,000,000 word 'n triljoen genoem. En dan die ou grote waaroor ons vandag gaan gesels - 1,000,000,000,000,000, dis 'n quadriljoen. 'n Quadriljoen is dus 'n triljoen vermenigvuldig met 'n 1000. Daar is nog meer, maar ek gaan jou nie daarmee moegmaak nie.

Ek gaan probeer om te verduidelik hoe groot is Canis Majoris. As jy jou verbeel die aarde is so groot soos 'n gholfbal, dan kan jy die volgende vergelyking maak: Kom ons veronderstel vir die oomblik dat daar geen geboue in Suid-Afrka is nie. Indien jy genoeg gholfballe bymekaar kan maak om die hele Suid-Afrika vol te pak, een laag gholfballe oor die hele land, dat daar nie plek is vir 'n muis nie. Die hele land vol, oor paaie, riviere, plase al wat jy sien is een laag balle. En jy bestel nog balle dat jy 'n tweede laag kan pak. Jy pak hulle sommer so bo-op die eerste laag. Steeds is jy nie tevrede nie en nog balle word verkry, sodat 'n derde laag oor die hele land gepak kan word. Nou het ons drie lae balle. En steeds wil jy nog pak en jou geld raak min en jy bestel nog balle, maar jy kan net die helfte van die land toepak met die vierde laag.
 
Laat ons die prentjie mooi kry. Die hele Suid-Afrika van 1.2 miljoen vierkante kilometer (dis wat oom Google sÍ) lÍ volgepak met drie en 'n halwe laag gholfballe. Nou kry jy al die stootskrapers in die land en stoot al daardie gholfballe doer by Bloemfontein wat naby die middelpunt van ons land is, op een MASSIEWE GROOT hoop. Ek het 'n vriend wat sou sÍ: Dis 'n "mouerse" groot hoop. Miskien kan een van ons slim lesers uitwerk hoe groot die hoop gaan wees. Hoeveel kilometer lank en breed en hoog.

Voor ons verder gaan, wil jy sien hoe lyk 'n quadriljoen pennies. Ek praat van pennies, want die webtuiste waar ek die prentjie gekry het, praat van pennies. Gaan kyk by http://www.kokogiak.com/megapenny/seventeen.asp. NB. Onthou om weer terug te kom, sodat jy verder kan lees.

Terug na ons hoop gholfballe. Naby die berg gholfballe, plaas jy 'n klein tafeltjie en op die tafel een (EEN) gholfbal. Die groot hoop gholfballe verteenwoordig Canis Majoris en die een bal op die tafel verteenwoordig planeet Aarde.

Canis Majoris is so groot, dat indien jy eenkeer om die ster sou wou stap en jy loop elke dag vir 8 ure, dan gaan dit jou seshonderd en vyftig duisend jaar neem. (Ek het dit ook op Google raak gelees)

Nog iets wat ek raakgelees het. Indien ons die vinnigste resiesmotor in die wÍreld sou gebruik en daardie voertuig sonder ophou teen sy maksimum snelheid ry, dan sal dit hom 2600 jaar neem om eenkeer om die ster te ry.

Ek het op die Internet gesoek na waar 'n ou vir Canis Majoris in die lugruim kan soek, maar dit wat ek kon kry help ons nie baie in Suid-Afrika nie. Wat ek wel kon agterkom is, dat dit een van die helderste sterre is.

Canis Majoris is 4900 ligjare van ons af. Net eers 'n woord oor 'n ligjaar. Wanneer ons met sterre te doen het, beteken ouma se maatband, wat sy gebruik het as sy rokke gemaak het totaal niks nie. Selfs die kilometer is van geen waarde nie. Lig beweeg teen 300,000 kilometer per sekonde. Ons liniaal in die ruimte is dus die afstand wat lig trek in een jaar. 300,000 kilometer vermenigvuldig met die aantal sekondes in een jaar. Daardie syfer is te groot vir my ou rekenaartjie. Miskien maak die volgende vir jou sin - 1 ligjaar = 9.4605284 ◊ 10 tot die mag 12 kilometers. Dit beteken dat lig wat vandag Canis Majoris vertrek eers oor 4900 jaar die aarde sal bereik. Dit beteken ook dat daar 'n moontlikheid is dat Canis Majoris lankal nie meer bestaan nie, maar sy lig is nog besig om na ons Aarde te trek. Verstommend!!!!!

En nou wil ek herhaal wat ek aan die begin gesÍ het, dan is daar ouens op planeet Aarde wat dink hulle is belangrik. Daardie ouens se belangrikheid is ongeveer so groot as 'n trijoenste van triljoenste van 'n pixel. Dis om die waarheid te sÍ - weglaatbaar klein.
 
En waar kom Canis Majoris vandaan? Die antwoord is maklik, selfs die skoolkinders, behoort dit te weet :

God in Sy almag het dit geskape.

(Indien jy hierdie stuk wil gebruik op Facebook of waar ookal, staan dit jou vry, maar gee asseblief erkenning aan Danie van Egafrikaans).

<><><>

Terug na kiesblad