DIE KOSHUISGEBED soos vertel deur Pieter Celliers.

‘n Vriend van my, Kerneels, vertel vandeesweek nog van die dae in die Kalahari toe hy daar op skool was, veral op kosskool. Dit was moeilike tye daardie en ‘n kind het geen s gehad nie, veral nie ‘n koshuiskind nie. Die een onderwyser het dit altyd benadruk dat die enigste s wat ‘n koshuiskind het, is nags.

Ewenwel, in daardie skool se koshuis kon hulle net met skoolvakansies huistoe gaan, want die plase het vr en wyd uitmekaar gel daar tussen die duine. Dit was in die tyd toe die Dooie See net nog siekerig gevoel het. So, dit was jarre gelede. Kos was maar altyd ‘n probleem, dis seker hoekom hulle dit ‘n kosskool of koshuis genoem het. Nou, in hulle deel van die wreld was dit maar dor en erg geteister met die droogte. Groente en veral vrugte was baie skaars. Vleis was darem nog ietwat verkrygbaar, maar ook maar net as een van die Kalahari-boere snuf in die neus gekry het dat sy kruiperige dogtertjie dalk tot prefek gekies kon word.

Ou Tannie Ysterbek was vir jarre die koshuismatrone en sy het met haar beperkte voorrade  altyd nog gesukkel om die kos darem eetbaar voor te berei. Haar sago-poeding, een maal per maand,  het nou wel na hawermout gelyk en geruik, maar sy het dit darem nog probeer rek met konfyt op haar manier. Kerneels erken darem ook dat daardie dae se skoolkinders maar moeilik was. Hyself het al in standard ses begin skeer (hy het van standard 4 af al pyp gerook) Dit was ook eers toe hy standard 8 (vandag se graad 10) op 21 jarige ouderdom na die derde probeerslag, net-net deurgesleep het, wat sy oorle pa besluit het dat hy nou genoeg geleer en maar plaas toe moes kom om die droogte te help deursukkel.  

Dit was glo net so 6 maande voor hy sy skoolloopbaan sou vaarwel toeroep, dat ou Tannie Ysterbek oorlede is aan ho bloeddruk, so sonder waarskuwing. Hulle het haar net daar in die koshuis se spens op die vloer gekry. Siestog, s Kerneels, sy was vir oulaas nog besig om aan die appelkooskonfyt te proe of dit nie dalk al sandsuiker geword het nie. Tot die dood toe getrou aan haar koshuis-kinders.

Om ‘n plaasvervanger vir haar te kry was nogal ‘n moeilike besluit. Die plaaslike kerkraad het sommer ook kom hand bysit toe die skoolraad  moes besluit watter ou tannie met die minste moeite kon oorvat waar ou Tannie Ysterbek die opskeplepel, by wyse van spreke, laat val het. Na ure se geredekawel en name doodtrek bly toe net die een tannie se naam oor. Ou Tannie Binnegoed van Staden het die aanstelling met groot waardigheid aanvaar, so asof sy van die begint af geweet het dat hulle net op haar kan staatmaak.

Met die intrapslag, vertel Kerneels my, was dit duidelik dat, wat sy van koskook af geweet het, bitter gevaarlik was. Die taai vleis, halwe sak verlipte aartappeltjies, pampoen en koolblare is sommer als saam in een helske groot pot, om steenkool vir die Aga-stoof te bespaar, gekook. Alles wat sy voorgesit het, was vaal. Tot die pampoen was vaal. Kerneels-hulle moes maar stilbly en eet of van die honger omkom, want sy ma se beskuit was al lankal op. Dis toe wat die ding gebeur het waaroor Kerneels-hulle vandag nog praat. Synde dit ‘n skool was wat hand in hand saam met die kerk geloop het, was daar altyd eers o gesluit voor elke ete. Die spesifieke dag was dit die beurt van een van die Wolhuter-seuns, van Noenie-put se wreld, om te bid. Seker was hy toe ook maar tot boordens toe vol van die vaal kos wat hulle moes eet, maar hy bid toe in al sy kinderlike seuns-onskuld:

“ …en Vader, vergeef asseblief die hanne van Tannie Binnegoed wat hierdie vaalkos voorberei het, Amen. “

Ou Dominees Roux en ‘n paar van sy kerkraadslede, sonder hulle swart pakke, het later kom kyk hoekom lag en raas dit so onophoudelik by die koshuis.

<><><>

Terug na kiesblad