PETRUS EN DIE PAPIER:

Petrus is net so oor die drie jaar oud. Drie jaar en twee maande om presies te wees. Hy is baie glad met die ou bekkie. Sy ouers het nooit met hom "babataal" gepraat nie, maar met hom gepraat soos met 'n volwassene. Hy is baie lief om vir ouma-hulle te gaan kuier. Ouma is die plaaslike dominee se vrou en is altyd bly as Petrus kom kuier. Ouma is ook deel van 'n groepie van die vername dames op die dorp wat elke week Woensdag iewers by een van die dames van die groep gaan tee drink. Die groep bestaan uit ouma, die landdros se eggenote, die posmeeester se vrou, die skoolhoof se gade en dan die eggenote van die ander predikant op die dorp, dan ook die gades van die hoofouderling en die leierdiaken, die drie dokters op die dorp, die tandarts en ook die sielkundige en nog andere ook. Soos jy kan sien is dit nie sommer hierjy dames nie, (of so dink hulle in alle geval), dis 'n uitgelese groepie.

Die besondere week kan die groep nie Woensdag vergader nie en besluit op Donderdag en die kuierplek sal die pastorie wees waar ouma-hulle woonagtig is. Toe op die Donderdag besluit word, was ouma nie bewus daarvan dat Petrus die dag by haar moet bly nie, want sy ma moet na die spesialis in Pretoria vir 'n ondersoek. Dinsdag bel Petrus se ma vir ouma en vra dat Petrus die Donderdag by haar moet bly en sy verduidelik waarom. Ouma beduie dat dit moeilik is, want die groep moet by haar aan huis kom tee drink. Petrus se ma sÍ dat sy juis die afspraak gereŽl het vir Donderdag omdag ouma-hulle dan Woensdae tee drink. Ouma kan nie anders nie as om maar toe te gee nie.

Donderdag breek aan en Petrus, saam met sy ouens daag sommer vroeg al op, want hulle wil vroeg ry om sodoende die kwaai verkeer te mis. Pa en ma en ouma beduie baie mooi vir Petrus dat hy hom moet gedra as die ander tannies daar is. Na pa en ma gery het, verduidelik ouma weer vir hom dat hy moet stil wees. Sy belowe om vir hom koekies en koeldrank te bring as die tannies hulle tee gaan drink en daar is genoeg speelgoed en legkaarte. Hy is baie lief om met die legkaarte te speel. Petrus belowe plegtig dat hulle nie eers sal weet dat hy bestaan nie.

Die dames arriveer en begin gesels voor die tee bedien word. Daar word oor allerhande sake gesels en almal geniet die samekoms. Terwyl die geselsery aan die gang is, kom Petrus met 'n spoed die voorkamer in. 'n Doodse stilte daal op die vertrek neer. Petrus vra vir ouma vir papier en ouma belowe dat as hy na die kamer sal gaan, sal sy gou vir hom papier bring. Hy is daar weg, maar geen twee minute later is hy terug en herhaal sy versoek. Ouma sÍ dat hy moet gaan, want sy sal gou vir hom papier bring waarop hy kan teken. Hy is daar weg, net om 'n minuut later weer terug te wees en ouma herhaal haar belofte. Hierdie keer bly hy ruim vyf minute lank weg. Kom later ewe glimlaggend die voorkamer in, weer is daar doodse stilte en hy kondig aan: "Ouma die papier is nie meer nodig nie, want ek het my agterent sommer met my hemp afgevee."

Terug na kiesblad