Asyn wenke:

Voeg n bietjie asyn of suurlemoensap of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

Gooi n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal n lieflike ligbruin kleur en n aangename geur aan die uie verleen.

n Lepel asyn in die water wanneer jy n eier posjeer keer dat die wit versprei.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.

Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.

Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.

Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.

Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Asyn of suurlemoen en koeksoda werk beter as handy-andi.

Asyn en koeksoda maak vir n baie goeie disinfectant.

Asyn en warm water kan ontslae raak van n mierplaag!

Voordat n nuwe pan gebruik word, kook n bietjie skoon asyn vir n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand. 

Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.

Terug na kiesblad