DIE BOEMELAAR:

Izak boer doer in die Lydenburg omgewing, plant so bietjie mielies en sojabone, maar eintlik het hy 'n fabriek op die plaas. Hy vervaardig houtskool. Kyk die ding werk as volg: Die regering het mos ges dat "blackwattle" bome uitgeroei moet word en dis waarmee hy help. Wanneer die regering 'n boer aanspreek oor die klomp wattlebome op sy plaas, dan nader hulle vir Izak om dit te kom uitroei. Vir die uitroei daarvan, kan hy dan die hout kry. Dit is 'n wen-wen situasie. Die boer is gelukkig (die bome is weg), Izak is gelukkig (hy kry die hout) en selfs die regering voel heel in hulle skik. As die regering tog maar die geweld in sonnige Suid-Afrika wil probeer uitroei, soos wat hulle bome wil uitroei, het dit dalk in ons land sommer stukke beter gegaan, maar nou dwaal ek af en as ek nie oppas nie, praat ek nou-nou politiek en dit wil ek tog liewers laat vir die braaivleisvure as die vleisies op die kole gegooi word en die wingerdboere ondersteun word. Dan los die manne mos sommer in 'n oogwink al die politieke probleme op, maar nou het ek weer afgedwaal, want ek was by Izak en die houtskool. Alle geval (tog so 'n mooi woord, die "alle geval"), staan Izak een dag by die "fabriek" op die plaas en hier kom 'n boemelaar aangestap, skoon verflenterd, baie vuil en daarby "ruik" hy ook nog, het bitter lanklaas gebad. Jy kan sommer sien die man het baie myle op die klok. Dit lyk of die lewe hom iewers 'n kwaai dwarsklap gegee het. Verder kan jy ook sien, dat hy al dinge beleef het waarvan die gewone man, dis nou manne soos ek en jy, nooit beleef het, of sal wens om te beleef nie. Vra die boemelaar of daar nie vir hom 'n ou stukkie kos is nie. (Toe ek die storie gehoor het, het ek gewonder hoekom 'n boemelaar op 'n plaas wil loop bedel, ek meen, dis mos ver loop vir 'n bedelslag.) Alle geval, Izak kry die man jammer en bied hom iets van sy eie ete aan, maar vra in die proses of hy, dis nou die bedelaar, nie miskien, nt miskien, 'n ou werkie soek nie. Dalk was die man baie moeg en het gedink aan die afstand na die dorp en neem die werk aan. Moontlik het hy gedink dat hy as hy die werk aanneem, kan hy tog een nag 'n behoorlike nagrus geniet en moontlik het hy gedink dat hy die volgende dag kan verdwyn en dit gaan doen wat hy goed kan doen ("bedel" vir die wat dit nie kan raai nie). Toe gebeur 'n wonder en die bedelaar hou van Izak, van die plaas en (glo dit as jy wil) van die werk. Ek het nooit gedink dat 'n bedelaar van werk sal hou nie, maar daar is tog die uitsondering. En so bly die bedelaar aan op die plaas en werk in die "fabriek".

Volgende hoofstuk: Izak verjaar en nooi van sy vriende en gooi 'n "party", vleis en dop word voorsien en sy eie vervaardigde houtskool word gebruik. Die boemelaar is ook daar. Om die braaivleisvure word die regering gehelp aan oplossings van die probleme in die land, as hulle tog maar net wil luister. Later gaan die gesprek oor alledaagse dinge en een van die gaste vra later vir die boemelaar uit oor hoe dit is om "op die pad" te wees en die boemelaar vertel na hartelus, want hy en die dop onthou nou baie staaltjies. Toe vra een van die gaste die volgende vraag: "S my asseblief, hoekom loop julle boemelaars van die een dorp na die ander. Julle kan mos sommer op een dorp bly, dan spaar dit baie loop." En toe kom wyse antwoord van die boemelaar: "'n Ou moet mos darem aangaan in die lewe."

Terug na kiesblad