Die borste.

Oubaas van 7de Laan praat mos altyd van "inborste", maar laat ek jou 'n storie vertel van borste. Enkele jare gelede het een van ons baie bekende assuransie maatskappye vir sy verkoopspersoneel 'n kompetisie aangebied as aansporing vir beter verkope. Die prys sou 'n gratis week in Egipte vir die wenner wees en nog 'n persoon wat hy/sy sou wou saamneem. Om verstaanbare redes sal ek die wenner se naam wil verswyg, want dalk plaas dit hom (ja, dit was 'n "hom" wat gewen het) in 'n ongemaklike lig. Laat ons hom dus Pieter van der Walt noem.

Pieter wen toe die prys en hy en sy vriend, Willem Botha, mag vir 'n week Egipte gaan verken en dit gaan hulle nie 'n bloue duit kos nie. Alles word gereed gemaak vir die reis en op die beplaalde dag vertrek hulle na die Internasionale lughawe by Johannesburg. Die arme lughawe het al so baie name gehad dat ek dink hy ly al aan 'n identiteitskrisis, dus weet ek nie wat die naam op daardie staduim was nie. Kom by die lughawe en alles word afgehandel en hulle vertrek. Los al die kommer en sorge, die kinders, die honne en katte en selfs vir ouma agter om die fort te hou.

In Egipte wag die huurmotor wat hulle na die imposante hotel gaan neem. By die hotel aangekom, besef hulle dadelik dat Egipte nie so agtergeblewe is, soos wat sommige mense dink nie. Die hotel is pragtig en bestaan uit verskeie verdiepings en hulle kamer is op die tweede laaste vloer. Vir die volgende paar dae maak hulle dit hulle plig om die vakansie na behore te geniet. Hulle besoek al wat besienswaardig is en mors nie 'n oomblik met onbenullighede nie. In die aande kom hulle vodde by die hotel aan, met 'n vol dag agter hulle. Soos te verstane kan hulle nie die plaaslike taal praat of verstaan nie, maar kom heel goed met Ingels oor die weg. Hulle hoor egter nie 'n dooie woord in Afrikaans nie, behalwe dit wat hulle met mekaar praat. Verder as dit klink dit of Afrikaans van planeet Aarde af verdwyn het. NÍrens , maar nÍrens hoor hulle iets wat amper soos Afrikaans klink nie. Die taal kon net sowel uitgesterf het.

Die voorlaaste aand van hulle besoek, kom hulle weer moeg by die hotel aan, klim in die hyser om hulle na die vloer van hulle verblyf te neem. Saam met hulle klim nog 'n dame in die hyser. Sy is heel aanvallig, pragtig gebou en ongeveer 35 jaar oud, kan maklik 'n skoonheidskompetisie wen. Netjies aangetrek en die rok wat sy aan het, is van 'n redelike lae hals voorsien. Die rok se snit is ook van so 'n gehalte, dat dit haar bates baie mooi beklemtoon. Pieter merk dit dadelik op, ek meen, hy is mos darem 'n normale man en normale mans het die vermoeŽ om sulke "dinge" op te merk. Siende dat hulle vir die afgelope week nie 'n woord in Afrikaans gehoor het nie, maak Pieter die volgende opmerking in Afrikaans teenoor Willem: "Ek sÍ, ou Willem, maar diť dame het die mooiste paar borsies wat ek lanklaas gesien het." Voordat Willem iets kan terug antwoord, praat die dame eerste en sÍ: "Baie dankie meneer, my man dink ook so!!"

Terug na kiesblad