UIT DIE BUITELAND:

Dis nogal interessant om te sien hoe elke land sy eie tradisies en gewoontes het. Hier is ons nou weer op die vooraand van Halloween - soos dit vir my voorkom het die Iere dit eintlik ook saam met hulle Amerika toe geneem. Die eerste inwoners van Ierland, die Kelte, het glo aan die einde van die somer 'n fees gehou waartydens die dode die lewendes besoek het en die besoek het dan die winter ingelui. Seker maar hulle manier gewees om die seisoene te probeer verklaar. Gedurende die agste eeu het die Katolieke toe die eerste dag van November verklaar as "All Saints day" ter herinnering aan al die heiliges vir wie daar nie 'n spesifieke dag is nie. Die aand voor die tyd (dus 31 Oktober) het bekend gestaan as "All Hallows Eve" en met verloop van tyd het dit bekend geword as Halloween.

Die winkels en die huise word versier met pampoenspoke, geraamtes en hekse. Die winkels verkoop ook 'n ronde rosynekoek, die "halloween brack" Volgens tradisie was daar 'n stukkie lap, 'n ring en 'n muntstuk in die koek. Elkeen in die gesin het 'n sny koek gekry, die een wat die sny met die stuk lap in kry, staar finansiŽle probleme in die gesig, die een wie se stuk die ring in het, kan 'n romanse verwag en die een met die muntstuk in, kan uitsien na 'n voorspoedige jaar op finansiŽle gebied.

Eeue gelede het 'n Ier genaamd Jack glo met die duiwel gestry en is toe toegang tot die hemel geweier. As straf sou hy vir ewig op die aarde ronddwaal. Die duiwel het darem vir hom 'n brandende kool gegee om te dien as lig en diť het hy bewaar in 'n uitgekerfde raap. Deesdae sit die mense 'n kers in 'n uitgekerfde pampoen om die dwalende Jack weg te hou. In Amerika het die Iere (seker by gebrek aan groot genoeg rape) eerder pampoene uitgekerf - vandaar die gebruik van pampoenspoke - ook hier in Ierland. Dis ook die enigste tyd van die jaar dat 'n mens pampoene kry in Ierland.

Die kinders is natuurlik baie opgewonde om hulle kostuums aan te trek en dan by die deure te gaan klop om te "trick or treat" Die treat is natuurlik lekkergoed en as 'n mens nie iets in hulle sakkie gooi nie, kan jy verseker wees jou huis of motors loop deur onder die eiers. Soveel so dat die winkels reeds 'n week of meer voor die tyd weier om eiers aan kinders te verkoop. Die gebruik van die kostuums dateer ook glo uit die tyd van die Kelte waar hulle hulself probeer vermom het as geeste en duiwels sodat die dooies hulle nie kan herken en dalk saamneem aan die einde van die aand nie.

Gedurende Halloween word groot "bonfires" gemaak. Eeue gelede het die mense glo 'n haarlok in die vuur gegooi en sou dan die nag droom wie hulle toekomstige huweliksmaat sou wees. Meisies is ook geblinddoek na 'n naburige groenteland gelei waar hulle 'n kool moes uittrek. Die hoeveelheid grond aan die kool sou aandui hoe ryk hulle toekomstige eggenoot sou wees - hoe meer grond, hoe ryker. (Wie sÍ dis net ons geslag wat materialisties is!)

Nog 'n manier om uit te vind wie die toekomstige huweliksmaat sou wees, was om te probeer om 'n appel te skil sonder dat die skil breek. Wanneer die lang appelskil op die grond val, sou dit die voorletters van die huweliksmaat uitspel. 

Terug na kiesblad