Connie en Ouma

Ouens wat sensitief is vir 'n kru woord, moet asseblief nie
verder lees nie. As jy verder lees, moet jy asseblief nie vir
my verkwalik nie.

Ouma was 'n baie waardige en verfynde ou dame. Sy sit en
gesels met 'n paar vriendinne toe Connie [4], haar kleinseun
wat sy vir die Saterdag moet oppas, by die sitkamerdeur in-
gehol kom met: "Ouma, gee seblief vir my papier, dis dringend!!!!"

Maar Ouma boender hom uit met: "Man, moenie ons pla nie,
gaan speel buite."

Na 'n rukkie is hy terug met dieselfde versoek en weer verwilder
Ouma hom met die belofte dat sy bietjie later vir hom papier
sal gee om op te teken.

Na so 10 minute is hy terug en hy skok vir Ouma amper in die
nuwe millennium in met: "Ouma die papier is nie meer nodig nie,
want ek het my hollie sommer met my hemp afgevee."

Terug na kiesblad