Die verskil tussen dames en regte vrouens:

1. Dames - As jy per ongeluk te veel sout by 'n dis 
gegooi het terwyl dit nog kook, gooi 'n
geskilde aartappel by, die sout sal opgetrek word.

Regte vrouens - As jy te veel sout bygevoeg het,
is dit 'n jammerte. 'Ek het dit gemaak en jy SAL
dit eet. Ek gee nie om hoe sleg dit proe nie.
+++++++

2. Dames - hulp vir hoofpyn: Vat 'n halwe suurlemoen,
sny dit in die helfte en smeer dit aan jou voorkop.
Die pyn sal weggaan

Regte vrouens - Vat suurlemoen, meng dit met tequila,
en drink, jy mag dalk nog jou hoofpyn h, maar wie gee om?

+++++++

3. Dames - Sit 'n klein "marshmallow" in die onderpunt
van 'n roomyshorinkie om te keer dat die
roomys lek.

Regte vrouens - Suig net die roomys van onder af.
jy l seker in elk geval met jou voete in die lug op die bank.

+++++++

4. Dames - As 'n koekresep s jy moet die bodem van die
pan met meel strooi, gebruik sommer van die dro koekmengsel, 
dan sal daar nie wit gemors onder aan die koek wees nie.

Regte vrouens - Gaan bakkery toe, hulle sal die koek
sommer versier ook.

+++++++

5. Dames - Gebruik 'n washandskoen om bottels oop te maak
wat vas sit.

Regte vrouens - Gaan vra daardie aantreklike nuwe buurman.

+++++++

6. Dames - Gooi die oorskiet wyn in ysblokhouers,
vries dit en gebruik dit later in souse en disse

Regte vrouens - Oorskiet wyn ????

+++++++

Terug na kiesblad