DIE SLAG VAN DANVILLE (soos vertel deur Jaco Venter en verwerk deur Corinus)

Dit is Saterdagoggend 12 Februarie 1994. Die land is in rep en roep oor die komende verkiesing en al die vrese wat daarmee gepaard gaan. Kerke landwyd hou gebedsbyeenkomste - ook in Danville waar daar 'n maand van gebed is.

Vroegoggend kom 'n paar gelowiges by die kerk byeen om te bid en net voordat hulle uitmekaar gaan, vertel een van die broeders dat sy swaer kom groet het met die boodskap dat "hulle" (een of ander groep wat baie meer regs as die AWB is) op Valentynsdag, Maandag 14 Februarie, Pretoria gaan inneem. Daar gaan nie elektrisiteit, water, ens wees nie. Met dit in sy agterkop gaan Jaco die Sondagaand slaap.

Maandagoggend ongeveer 02h45 word sy vrou van 'n oorverdowende slag wakker. Sy maak hom wakker en daar lÍ hulle en luister hoe die Boere nou gehoorlik mal geword het. Jy hoor net outomatiese geweervuur, mortiere en handgranate afgaan. Dit hou tot omtrent 03h05 aan. Toe hoor hulle groot voertuie se enjins dreun. Dit moet troepedraers wees! Die klank kom uit die rigting van die kragstasie duskant Danville, langs die SAP se honde-eenheid net Wes van Pretoria. So 03h15 besef Jaco dat die elektrisiteit steeds aan is . Nou gou 'n sterk koppie koffie maak voordat die kragstasie opgeblaas word en daar nie meer krag is nie. Heel onrustig weer aan die slaap geraak, maar om 06h00 sit hulle kiertsregop voor die TV om uit te vind wat gebeur het.

Helaas! 'n Winkeleienaar in Danville wou skynbaar die versekering kul en het sy eie winkel opgeblaas. Die aanvanklike ontploffing het Jaco se vrou wakker gemaak. Die geweervuur was dose klappers wat gebrand het. Die swaargeskut was spuitblikkies en gasbottels wat ontplof het en die troepedraers was die Brandweer.

So eindig die Slag van Danville toe - nÍrens opgeteken in die militÍre annale nie, maar wat 'n lekker storie om eendag vir sy kleinkinders te kan vertel!

Terug na kiesblad