Eenstrepie en die Spookvol 

Dis vroegoggend in die Bos, en die dou maak skitterpreltjies oral op die grassade en spinnerakke. Uit die nat gras styg daar 'n geluid op, amper soos 'n groot skare mense wat al geselsend naderkom. Ek en Mosbolletjie sit toegewikkel onder n bibberkombersie en gis oor die oorsprong van die gemor. Dan, 'n gesiggie; 'n rooi neusie; twee skerp ogies wat oorversigtig loer vir ons. Die gras is lank en hy moet penregop op sy agterpootjies staan om te kan sien. Hy besluit dat ons totaal onskadelike wesens is, en wink die res van die geselskap nader - 'n hele familie muishondjies. Ons begin tel. Hulle hol deurmekaar. Party verdwyn weer in die gras, en ander bars in die groep in. Ons probeer weer tel, maar gee dan moed op. Moontlik is daar dertig, dalk meer. Daar is grotes, kleintjies en piepkleintjies, en hulle maal deurmekaar, en almal brom en gesels en piep en knor gelyktydig. Die een sleep 'n been die lang gras in, groter as hyself. 'n Ander l weg aan 'n yslike stuk pap. Nog enetjie grawe insekte uit dat jy net sien stof en klippe spat. Een krel spring behendig bo-op die braairooster en maak gisteraand se oorblyfsels skoon. n Baie manhaftige outjie raak bitter braaf en kom loer oor die rant van die stoep na die twee reuse onder die kombers. Dan vertrek die geselskap weer al kletsende die ruigtes in. 

Half teensinnig wikkel ek my onder die kombersie uit om die koue te trotseer: die vols soek kos en daar is niks. Dit gaan eina-eina met my sagte kaalvoete deur die dorings en skerp klippertjies om appels aan die bome te spyker, en skielik is ek spyt dat ek nie eers skoene aangetrek het nie. Ek gooi n groot handvol mielies op n oop kol reg langs n digte graspol. 

Daar is n geritsel in die gras - die einste pol waar ek die mielies gegooi het. 'n Eenstreepmuis dink hy het die boerpot geslaan. Hy ontdek dat daar 'n vrag mielies reg by sy voordeur afgelaai is. Hy gryp n mieliepit en verdwyn weer in sy pol in. n Muis! Ek is sommer vies! Dis mos die vols se mielies! Mosbolletjie herinner my daaraan dat dit darem n veldmuis is, en nie sommer net n muis nie - hy het k n binneste! Nie lank nie, of hy is terug - sy nuutgevonde rykdom is steeds daar! Hy gryp weer n pit en hol terug nes toe. Hierdie muis kan nie sy geluk glo nie, en nou skarrel hy elke paar minute uit sy ruigtetjie uit, gryp 'n mieliepit en verdwyn weer - tot vervelens toe. 

'n Baardwipstert kom maak hom genotvol tuis in die digte bos voor die stoep - skarrel tussen die blare rond en geniet die lewe voluit. 'n Europese vlievanger is die volgende om hierdie bos te kom uitkyk (so anders as die bosse in Europa!), daarna 'n wielewaal, 'n spookvol en n paar blouvinkies. Skielik is hier 'n magdom vols wat jou verstand laat duisel. Dit kwetter en fladder en hop van takkie na takkie. Die volbadjie is vir hierdie klomp soos Ballito strand op 'n Desembervakansie, en dit spat en swem en suip en baljaar in die water vir 'n vale. 

Twee rooiborsduifies kry stry oor wie-weet-wat. Links en regs word houe uitgedeel ('n duif, vrede?). Die spookvol sit op sy takkie soos n beer met n seer kop. Hy kan hierdie simpel duiwe se gekyf net eenvoudig nie meer vat nie. Soos 'n Spitfire duik hy tussen hulle deur. Daardie krel met die gevaarlike bek is genoeg om enige rooiborsduifie sy stertvere te laat wegskrik. Al hulle baklei is skielik skoonveld. 

Die spookvol se duikslag laat hom land op die ooptetjie waar die muis se mieliepitte l. Ons eenstreep muisvriendjie dartel opgeruimd en vrolik vir die hveelste keer uit sy ruigtetjie uit, reguit na die mieliepitte toe, salig onbewus van die gevaar wat daar op hom wag. Die spookvol, wat nog steeds bitter omgekrap op die grond sit, kan sy o nie glo nie: Middagete, op n skinkbord bedien! Met sy wreedaardige snawel gapend oop bespring hy die arme ventjie. Die muis slaan amper bollemakiesie van skrik, maar hy haal tog veiligheid, nt-nt voor die klappende kake van hierdie geel en grys gedrog. 

As die son met 'n swaar sug agter die groot maroela insak en ons vuurtjie vrolik en gesellig knetter, dan kan ek nie help om weer aan daardie muis te dink nie. Het k maar sy ou plekkie in die lewe, en daar is die arme krel so ampertjies bokveld toe. Dit sou vet pret gewees het as die spookvol kom gevang het - n muis is n muis, en net moeilikheid! Maar dan, aan die ander kant. 

In ons lewe van jaag na rykdom en om rens (verkieslik hl bo!) te kom, trap ons dikwels op die arme mens wat maar net daar is - die verstotelinge van die samelewing. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel en saam met die tollenaars en sondaars gaan eet en partytjie hou. Hiervoor is hy bitterlik gekritiseer! Ons lees baie graag die stukkie oor liefde, dat ons mekaar (mede-Christene) moet liefh. Maar wanneer dit kom by dt wat Jesus ges het, dat ons ook ons vyande moet liefh, dan sluk n mens maar bitter swaar daaraan. 

Kom ons leef liefde soos wat Jesus dit geleef het! 

Gebed: 
Here, ek skiet so ver tekort aan ware liefde in my lewe. Help my asseblief om waarlik lief te h. 

Louis Nel - lees Lukas 5:27-32

Terug na kiesblad