Kompetisie Eet

Kompetisie eet word deesdae gesien as die mees dinamiese sportsoort in die wreld. Ja julle het reg gelees dit word geag om n sport te wees. Daar word aangevoer dat die sport al sy ontstaan gehad het in die Neanderthal tydperk. Die rede wat hulle aanvoer is nogal komieklik. Hulle s as daar 30 Neandertallers in n grot is en n arme haas hop in die grot in sal mens werklik sien wat kompetisie eet is. 

Die sport word op groot skaal beoefen in Japan, Amerika, Kanada, Duitsland, Thailand Engeland, Skotland en Rusland. Daar is self n organisasie wat die sport beheer en reels neerl. Die organisasie word genoem IFOCE, International Federation of Competitive Eating. 

IFOCE stel al die reels en regulasies op. En bo aan die lys is veiligheid. Geen persoon onder 18 word toegelaat om aan n eet kompetisie deel te neem nie. Die rede daarvoor kan ek verstaan as ek sien hoe eet my sewentienjarige seun ons uit die huis. IFOCE is seker bang dat die tienerseuns al die kompetisies gaan wen. Op n meer ernstige noot dit kan baie gevaarlik wees. 

In Amerika is di kompetisie om aan deel te neem die een wat op die 4de Julie elke jaar gehou word. Nathans Restaurant in Coney Eiland hou die jaarlikse hot dog eet kompetisie. Die kompetisie begin stiptelik om 12 uur met 12 deelnemers en duur 12 minute. Die absolute wenner is nie n Amerikaner nie maar n Japannees wat 50 hot dogs geet het in 12 minute. 

As my wiskunde my nie in die steek laat nie is dit so ongeveer 1 hot dog elke 15 sekondes. As daardie broodrolletjies droog is gaan hulle maar sluk. Verder is ek ook net baie bly ek hoef nie vir hom kos te koop elke maand nie.

Van die rekords wat aangeteken is :

n 3 Pond 3 onse Beestong heel op geet in 12 minute.
Net onder die twee pond botter in 5 minute.
74 Hoender vlerkies, 2.65 pond vleis in 12 minute.
57 bees Breins, 17.7 pond, in 15 minute.
38 hardgekookte eiers in 12 minute.
11 pounder hamburgers in 10 minute. Sekerlik was dit nie McDonalds burgers nie.
152 Jalapenos Rissies in 15 Minute.
6 pond 9 onse kool in 9 minute.
4 32 onse bakke mayonnaise in 8 minute.
168 Oesters in 10 minute. 

Vir my om sekere van die van die rekords te gaan probeer sal daar n groot sterk teenwoordigheid van alkohol moet wees, veral as ek kyk na die bees brein eet.

Wie het nou gedink dat eet ook n kompetisie kan word.

Terug na kiesblad