WELKOM BY FOONPRET.
PRET MET JOU SELFOON MET FOONPRET.
Moontlik weet jy al van Foonpret by www.egafrikaans.co.za, maar vir die wat nie weet nie,
laat my toe om te verduidelik:
Ek is oortuig dat daar geen manier is om goedkoper on die Internet te gaan as
met jou selfoon nie EN dis GROOT pret. Wat lekker is, is dat jy dit enige plek
kan doen. Terwyl jy vir die afspraak met die dokter wag, terwyl jy en jou gesin
piekniek hou, wanneer jy in die nag nie kan slaap nie. Jy kan dit ook enige plek
op Planeet Aarde doen. Van Groenland tot Namakwaland en die res van die wêreld
(waar daar selfoon dekking is).
Ek was so oortuig dat dit kan werk, dat ek in die begin van hierdie jaar 'n nuwe
web adres geregistreer het - www.foonpret.co.za. Elke dag van die week, Maandag
tot Vrydag, verander ek van die webtuistetjies. Ek praat met opset van
"webtuistetjies", want dit word opgestel met die gedagte dat dit klein moet
wees, sodat dit lekker en maklik met die foon gelees kan word.
Op die oomblik kan die volgende daar gelees word en dit
verander elke dag:
ALLERLEI
("Allerlei" bestaan elke dag uit 'n WENK, 'n WYSHEID en bietjie HUMOR)
GEDIGTE
DIE NUUS
OORDENKING
VAKANTE POSTE
Ek het reeds gesê dat dit baie goedkoop is. Soos die kinders sal sê, ek sal jou
'n brief gee dat om enige van die genoemde bladsytjies te gaan besoek en te
lees, gaan jou nie meer as 'n paar sent kos nie. Sien die ding
werk as volg: Jy betaal nie vir die tyd wat jy met jou selfoon op die Net is
nie, jy betaal net vir die data wat jy aflaai. VOORBEELD: Veronderstel jy sou
met jou selfoon aan die Net koppel en laai niks af nie en jy vergeet om te
ontkoppel, dan gaan dit jou niks kos nie.
Met die kontrak wat ek by VodaCom het, kan ek deur die Internet na my rekening gaan kyk. Die onderstaande is soos wat die laaste 10 transaksies op Donderdag 13 April 2006 om 6vm. gelyk het.
1 GPRS 2006-04-12 21:20:51 - - 0 - R 0.05
2 GPRS 2006-04-12 21:18:44 - - 0 - R 0.01
3 GPRS 2006-04-12 21:17:44 - - 0 - R 0.01
4 GPRS 2006-04-12 21:17:09 - - 0 - R 0.04
5 GPRS 2006-04-12 12:34:25 - - 0 - R 0.04
6 GPRS 2006-04-12 12:32:39 - - 0 - R 0.01
7 GPRS 2006-04-12 05:52:20 - - 0 - R 0.07
8 GPRS 2006-04-12 05:48:57 - - 0 - R 0.06
9 GPRS 2006-04-12 05:46:50 - - 0 - R 0.01
10 GPRS 2006-04-12 05:44:29 - - 0 - R 0.02
BELANGRIK:
Druk hierdie e-pos sommer uit en gaan speel daarmee
OF "Forward" dit na iemand wat mag belangstel
OF gee aan iemand wat mag belangstel
Dit is regtig groot pret.
Miskien wonder jy hoeveel geld maak ek daaruit en die antwoord is maklik - nie
'n enkele bloue sent nie. Ek doen dit net vir die pret.
Net 'n laaste opmerking voor ek met die verduidelikings begin: Sommige fone
"onthou" die laaste keer wat jy op die webtuiste was en om dan die nuwe blad te
sien, moet jy net eers die foon "RELOAD". Jy sal dit waarskynlik onder BOOKMARKS
vind. Jy kan niks beskadig deur dit te doen nie.
AANWYSINGS OM ONS WEBTUISTES MET 'n SELFOON TE LEES:
Twee dinge is belangrik:
1] Het die selfoon die GPRS opsie: Die maklikste om dit uit te vind is om dit as
volg te doen:
Loer op jou selfoon se MENU of jy daar iets sien soos 'n Aardebol of BOOKMARKS
of CONNECTIVITY. Dit mag dalk onder SETTINGS wees. Jy sal maar moet speel ek
kyk.
OF DOEN DIE VOLGENDE:
By VodaCom: Tik die volgende: *111# en druk die knoppie wat jy normaalweg moet
druk om te skakel. Indien jou foon die GPRS opsie het, sal jy 'n SMS met die
nodige terug ontvang. Anders sal jy 'n nota kry dat dit nie op jou foon kan werk
nie. Na jy die SMS ontvang het, sal daar 'n keuse wees om dit te SAVE. Doen dit.
By MTN: Tik op jou selfoon *123# en volg dan net die instruksies om jou GPRS
"browser" op te stel. Gebruik pin nommer: 1234 as daarvoor gevra word.
Ek is nie seker van Cell-C nie.
'n Ander maklike baie manier om uit te vind of jou foon die GPRS opsie het, is
om te gaan na www.vodacom.co.za. Redelik bo aan hierdie webtuiste, staan daar:
ABOUT VODACOM en SPONSHORHIPS en PHONES en nog ander. Onder die hofie PHONES is
die eerste opsie PHONE REVIEW, kliek daarop. Daar sal 'n nuwe venster oopmaak.
Daar staan "Compare Phones" en net onder dit is 'n blokkie met "Select a phone".
As jy dit oopmaak, dan kies jy jou foon. Dan is daar 'n groen balkie met die
woorde: "Compare Phones", druk daarop en dan sal jy kan sien of jou foon die
GPRS opsie het.
2] Na die vorige afgehandel is OF indien jou selfoon in alle geval toegang tot
die Internet het, moet jy die volgende doen en dit verskil nogal met die
verskillende selfone, dus is dit moeilik om te veralgemeen, maar kom ons
probeer:
SOEK BOOKMARKS: By sommige selfone soek 'n ou in die MENU na SERVICES en in
SERVICES na BOOKMARKS. By ander fone soek jy na die ikoon met die aardbol en in
daardie opsie kan jy moontlik BOOKMARKS raakloop. By nog ander fone mag dit op
'n ander plek in die foon wees, maar die belangrikste is dat jy by BOOKMARKS
moet uitkom.
Na jy BOOKMARKS gekry het, soek na die opsie wat praat van ADD A BOOKMARK of
moontlik kan daar staan NEW BOOKMARK. Kies daardie opsie. Daar sal 'n nuwe
venstertjie opkom waar daar staan http://. Nou moet jy die adres voltooi dat dit
as volg lees:
http://www.foonpret.co.za
Maak asseblief seker dat die adres presies reg is. Alles kleinletters. Druk dan
SAVE of OK of YES of wat die foon ookal vra.
Die volgende venster gaan vra dat jy vir die BOOKMARK 'n naam moet gee. Maak dit
sommer foonpret en SAVE die naam. Indien jy alles reg gedoen het, is jy en die
selfoon gereed vir aksie. Maak weer BOOKMARKS oop en iewers sal jy die woord
"foonpret" sien, kies daardie opsie. Wat nou gaan gebeur is dat die foon met die
Internet gaan koppel en ons webtuistes vir selfone gaan besoek. Dit mag nogal 'n
klompie sekondes duur, wees dus geduldig. Dit mag ook wees dat die foon (in sy
wysheid) vir jou gaan beduie dat daar nie so 'n webtuiste bestaan nie, moenie
hom glo nie, want al wat gebeur is dat die Internet so besig is, dat die foon
sukkel om die blad te kry. Nou volg die foon die weg van die minste weerstand,
en beduie dat die blad nie bestaan nie. Indien die bogenoemde gebeur, probeer
asseblief later weer.
Wanneer jy op die blad kom, sal jy sien dat daar verskeie skakels (links) is,
kies die een wat jy wil gaan lees. Indien jy hierdie opsie vir ouer persone op
hulle selfoon opstel, verduidelik asseblief baie mooi waar hulle die BOOKMARKS
gaan kry en veral, dat hulle moet kies waarheen hulle wil gaan.
Indien jy sukkel, skryf gerus vir my by D@nie.co.za en ek sal probeer help.
NB. NB.
NET TWEE OPMERKINGS:
1] Na jy die eerste keer van hierdie webtuistes besoek het, maak net seker by
jou diensverskaffer (VodaCom, MTN of CellC), dat alles reg is en dat jy nie net
ongeluk per minuut betaal nie. Dit behoort nie so te wees nie, maar 'n ou nooit
101% seker wees nie, maak dus seker.
2] Die genoemde webtuistes kan normaalweg nie met gewone Internet snuffelaars
gelees word nie.
+++++++++++
Besoek ook www.gebed.co.za EN www.egafrikaans.co.za
++++++++++