WIE JAAG MY SO? - Corinus

In die Oos-Vrystaat bly 'n boer wat hom daarop roem dat hy in al sy jare van getroude lewe nog nie een nag nie saam met sy vrou in dieselfde dubbelbed geslaap het nie.

'n Paar jaar gelede woon hy 'n Bonsmara veiling by Sernick Bonsmara Stoet anderkant Edenville by. Dis die gebruik met 'n Bonsmara Stoetveiling dat daar na die veiling bietjie gekuier word en darem 'n vleisie ook gebraai word, want hoe anders sal die kopers dan nou kan agterkom wat die gehalte vleis gaan wees van die bulle wat hulle sopas gekoop het, se nageslag? Hoe beter die veiling, hoe langer is so 'n kuier gewoonlik. Soms moet daar noodgedwonge ekstra slaapplek vir van die kopers ingeruim word, want van hulle kom van wyd en dis nooit 'n goeie ding om laatnag eers in die pad te val nie. SÍ nou net 'n vlakvark (kom vlakvarke in die Vrystaat voor?) of ander ongedierte of selfs 'n boom waggel voor 'n bakkie in. So 'n aangebode slaapplek is dus bloot goeie maniere en nog beter besigheid om seker te maak dat hierdie jaar se kopers steeds volgende jaar nog leef om weer te kom koop.

Toe hierdie boer hom kom kry, is dit al bitter laat en sy huis is nog ver. Nieteenstaande Sernick-personeel se beste pogings om hom op sy voete en van sy wiele af te hou, ontglip hy hulle en verlaat met 'n gedreun die werf. Hy is beslis nie van plan om sy saamslaaprekord in die slag te laat bly nie. Dis 'n entjie grondpad tot in Edenville, waar hy binne die dorpie regs moet draai om weer by 'n stopstraat op die verbypad regs op te draai. Tot daar gaan alles goed, maar toe hy by die stopstraat wegtrek en deur sy ratte begin versnel, sien hy die onheilspellende blou lig in sy truspieŽltjie en hy weet sommer.... As hy vanaand gestop word, is daar moeilikheid - van daardie soort waar 'n distriksgeneesheer nader geroep gaan word om bloed te trek en wat selfs 'n man sy bestuurderslisensie kan laat verloor.

Maar wat, hy ken die Vrystaatse platteland goed en duik by die eerste grondpad in. Kyk in sy spieŽltjie en daar sit die blou lig nog op sy stert. Van skrik is al sy sintuie skielik snaarstyf en kan hy mooi helder sien en dink. Enigste genade nou is om maar vir die polisie weg te jaag en hy probeer dit met oorgawe doen. Teen 'n duiselingwekkende spoed jaag hy van grondpad na teerpad, van teerpad na grondpad en weer andersom en almaardeur werk hy in 'n algemene Oostelike rigting na waar sy plaas lÍ. So nou en dan kan hy sy oŽ van die pad lig en 'n vinnige kyk na die truspieŽltjie gee, maar die verbrande polisieman sit steeds op sy stert. Dan weer oŽ terug op die pad en voet platter teen die vloer om te kyk of hy nie 'n ektra km/h uit sy bakkie kan haal nie, maar puur verniet. Later is hy al in sy plaas se distrik waar hy die wÍreld soos die palm van sy hand ken en begin toe plaaspaaie ry en later selfs mielieland paadjies, maar afskud van die polisiemotor kry hy nie reg nie. Ry een keer selfs dwarsdeur 'n mielieland, maar die blou lig klou soos 'n neet.

Later is hy op die grondpad wat by sy eie plaas verbygaan met die blou lig steeds knaend agter hom. Daar is nou nog een laaste uitweg oor en dis om by sy plaas in te jaag en agter die huis, wat teen die pad is, in die skuur te gaan stilhou in die hoop dat sy agtervolger sal verbyjaag. Op twee wiele kom hy die werf opgejaag en toe hy buite sig van die grondpad agter die huis verbygaan, skakel hy die ligte af en jaag die skuur binne. Rem amper te laat, anders was hy reg deur die agterste muur, maar skakel die bakkie af en spring uit, reg om weg te hardloop as hierdie troefkaart ook nie wil werk nie.

Hy luister en selfs in sy verswakte toestand kom hy agter dat dit doodstil is. Hy hoor nie 'n geluid nie. Het die polisie dan reeds buite die skuur stilgehou, anders sou hy die klank van hul voertuig vir minute nog kon gehoor het? Versigtig sluip hy na die skuur se deur en loer buite. Daar is niks en dis steeds grafstil en hy kan dit hoegenaamd nie verstaan nie. NÍrens is daar die geluid van 'n voertuig wat ry of motordeure wat toeklap of stemme wat praat nie. In die koue van 'n HoŽveldse winternag is dit klanke wat vir kilometers dra.

Goed 'n halfuur wag hy so en besluit toe maar om sy bakkie in die motorhuis te gaan bÍre. Klim in, skakel aan en toe hy die ligte aansit, is die blou lig skielik agter hom op die werf. Van pure skrik sit hy alles vinnig weer af en .... weg is die lig. Hy gaan loer weer versigtig buite op die werf, maar daar is niks en hy wil-wil gedagte begin kry aan spoke. Terug in die bakkie, weer alles aan, en weer is die blou lig in die spieeltjie sigbaar. In sy haas om weer die ligte af te skakel, stamp hy teen die hoofligteskakelaar se spriet en met die domp van die bakkie se ligte, verdwyn die blou lig. Trek aan die spriet, en die lig verskyn weer. Maar nou merk hy ook iets anders op. Op die paneelbord is 'n blou liggie wat brand wanneer die ligte op helder is. Daarvandaan is dit toe maklik om uit te werk dat die liggie in die bakkie se agterruit weerkaats, net mooi daar waar dit in die truspieeltjie sigbaar is.

Toe besef hy. Vir meer as 200 km het hy vir homself oor die Vrystaatse vlaktes probeer wegjaag!

Terug na kiesblad