KINDERSęGOED:

Johan vertel:

My kinders speel saam met 'n maatjie in die buurt. Sy
van is Swanepoel. Een aand laat kom ons tuis en gesels
oor wat deur die dag met almal gebeur het. In haar haas
om eerste te vertel hoe hulle by hierdie maatjie geswem
het, sę sy: "Pappa, ons het by Pieter Swemmepoel gaan
speel."

+++++++++++

Hennie aan die woord:

Jare terug toe maak my Ma die opmerking dat ons vir
die naweek by Skoonma moet gaan kuier en dit is toe
dat my broer toe so 5 jaar oud vra wanneer ons dan vir
ons "Vuil Ma" sal gaan kuier.

+++++++++++

Ander Hennie vertel hierdie twee:

Die gesin het bestaan uit Johan, Sara en klein Anton.
Sara verwag toe vir Theresa, en terwyl Sara in die
hospitaal is, gaan Johan en Anton kerk toe. Elkeen wat
weet hoe onhandig pa's kan wees, kan vir Johan sien
wat probeer om Anton respektabel te kry vir kerk. Die
gevolg is dat hulle op die nippertjie met nagmaal in die
kerk instap - met die enigste sitplek heel voor! Anton was
meer redelik stil met al die mense wat vir hom kyk, maar
toe die dominee begin met die afkondigings, kyk hy
vorentoe, maar voor hy die dominee sien, kyk hy vas in
die nagmaalsbeker. Kliphard (in 'n oomblik van stilte) hak
Johan af: "Kyk, pa, die Curriebeker!"


Toe Sara met Theresa by die huis kom, sien Anton dat
sy 'n yslike bos hare bos hare het. Hy vra toe og sy so
baie hare gehad het toe sy nog in mamma se maag was.
Sata antwoord: "Ja." waarop Anton antwoord: "Dit is seker
hoekom mamma so baie sooibrand gehad het!"

+++++++++++

Atilda het die volgende drie ingestuur:

My twee dogtertjies (Leandri 8 jr en Nadine 5 jr) bespreek iets en
Nadine wil weet by watter ouma dit is. Sy vra toe of is dit by die
maer ouma of die vet ouma. Leandri antwoord toe dat ouma
Swanepoel nie vet is nie, sy is net ROND.


Die tweetjies speel in ouma se kamer en Nadine maak die laai oop
waarin ouma se grimering is. Terwyl ouma toe in die gang af kom, sę
sy vir Nadine om haar grimering te los (sy het die laai gehoor).
Nadine antwoord toe: "Ouma kan deur die mure sien want sy het 'n
bril op".


'n Kollega het die volgende staaltjie vertel. Sy broer was besig om
petrol met 'n pypie uit die motor te suig en sy vierjarige seuntjie
bly kerm dat hy dit ook wil doen. Pa gee toe die pypie vir die
mannetjie en hy suig toe effens hard en daar beland petrol in sy
mond. Na ' n vreeslike gehoes en geproes kom die volgende uit: (hy
kon die "s" nie so lekker sę nie): "Jithie Pa amper sthart ek nou"

+++++++++++

Terug na kiesblad