KOMBUISTEE-RYMPIES:


BROODMES
Skerp is ek, gevaarlik daarby,
maar my werk is net
om met brood te baklei!

KOEKROLLER
Ek is gereed om deeg te rol.
Al is dit warm of koud.
Maar alle huisvrouens hou vol -
ek speel altyd 'n dubbele rol -
in nood - tot hul behoud!

RASPER
Bring die groente gou-gou,
voer my dit so rou-rou,
beet en wortel, sap daarby,
lekker eet ons nou-nou!

VADOEK
Droogmaak is my grootste deug.
Dit doen ek met veel vreug!

WASGOEDPENNETJIES
Handige knypertjies
reg vir die lyn,
Vir vadoek of vir broek,
baba se kleertjies so fyn,
of ook vir die tafeldoek!

MAATBEKER OF SKAAL
Nie te veel, nie te min,
net genoeg van elk.
So kom alles na jou sin,
en ook genoeg van elk.

VULLISBLIK
Vroutjie bak en vroutjie brou
altyd is EK bereid
om te ontvang wat sy verbrou
of wat sy wegsmyt!

KOEKBLIK
Bruidjie vind 'n nuwe resep,
toets dit uit - gou-gou
daarna is dit mos my werk,
om die gebak vars te hou.

KOEKPAN
Bak maar koekies vir jou man,
en versier dit as jy kan,
is die kleinding eendag sterk,
sal sy weer vir pappa werk!

SOUT EN PEPERPOTJIES
Trou is nie perdekoop,
dit hoor ons tog te veel,
maar as jul soos ons twee saamloop,
sal daar vreug' wees om te deel!

BLIKSNYER
Dis nie goed vir jou huwelik om altyd kos te eet uit 'n blik.
Maar sę nou op 'n goeie dag bring manlief saam, heel onverwags, 'n gas of twee wat saam moet eet.
As jy dan nie die antwoord weet, vat gou 'n blikkie dit of dat en hy sal sę: "Ons smul, my skat!"

BESKUIT-/ BROODPAN
EEN TWEE DRIE!
die boeredogter knie,
dan kan ek julle wys
hoe brood en beskuit kan rys!

TEEPOT EN MELKBEKERTJIE
Klein is my mondjie,
groot is my oor,
om weinig te sę,
maar alles te hoor.
Volg maar my voorbeeld,
dit sal jou nie berou,
om simpatiek te luister,
en dikwels die mond te hou!

EIERKLITSER
Hen sę: "Kę-kę!"
"Ek't 'n eier gelę!"
Gryp nou vir my en klits,
en in 'n kits sal koek
of tert op die rak lę!

SLAAIBAK
Vars en rou -
'n groenigheidjie is by elke ete welkom
en ook heerlik gesond!
Daarom is ek die regte kom
om al die kraakvarsheid te behou!

TAFELDOEK
Jy wil onthaal
maar jou tafelblad is kaal!
Gooi MY gou-gou oor
en jy sal sien die maaltyd is in 'n feesmaal omgetoor!

RESEPTEBOEK
Elkeen wat wil bak en brou
wil soms iets nuuts probeer
daarom is 'n naslaanwerk
'n goeie idee, om meer te leer,
sodat almal njammies kan kou!

KOMBUISSKęR
Knip-knip-knip!
Alles kan EK snip-snip-snip!
Hoenderbene wil ek kou,
selfs taai senings raak ek baas,
ook sakkies en boksies sny ek oop,
ja, ek's 'n handige Klaas!

VATLAPPIES
'n Vinger wat raak aan 'n vuurwarm oond
is eina-baie-seer
dra my en my maat om die seerste seer te keer
om warm bakke te vervoer na tafel van oond!

SKINKBORDLAPPIE
Ai, jy wil tee of koffie bedien,
maar niemand wil die ou lelike skinkbord sien,
laat MY toe om jou koppies nog vroliker te vertoon
en die skinkbord te verskoon!

Terug na kiesblad