Noag se Ark in 2003 deur Corinus 

Met erkenning aan die onbekende persoon wat die oorspronklike gedagte gehad het en waarop ek heerlik kon voortborduur. Corinus

In die jaar van ons Liewen Heer 2003 kry Noag besoek op sy stukkie grond in Gangster's Paradise in Suid-Afrika. Die land was boos en vervuil met misdaad met meer misdadigers buite die tronke as daarbinne. Die mense se onsedelikheid het tot aan die grense gestrek en soos 'n sware kombers alles verswelg. Selfs die kapers en verkragters was bang om saans alleen uit te gaan.

"Noag," kom die opdrag, "Daar gaan weer 'n sondvloed wees, want dis omtrent al wat dit gaan regkry om hierdie land weer skoon te was. Nie net is dit kniediep in sonde nie, maar dis so bemors dat dit op sigself 'n sonde is. Die dikker plastieksakke neem nou selfs ses keer langer om te verweer. Jy moet 'n ark bou en twee van elke lewende ding daarin sit sodat hulle gered kan word. Net die olifante en seekoeie moet jy geskei hou, anders gaan jou ark dit nooit hou nie. O ja, - en soek 'n paar goeie mense ook as jy hulle kan opspoor. Jy moet wikkel, want ses maande van nou af begin dit reen. Vir 40 dae en 40 nagte lank gaan dit reen sodat selfs die boere heeltemal tevrede gaan wees."

Ses maande later open die sluise van die hemel en stort die reen neer, ook waar Noag soos 'n natgereende makou in sy oorspoelde agterplasie sit en ween. Die ark is nrens in sig nie.

"Noag!" kom die bulderstem. "Waar is die ark?" 

"Vergewe my" soebat Noag. "Dinge het bietjie verander vandat U laas hier onder was. U weet, nuwe regering en als." 

"Eers wou die Mislike Paliteit bouplanne ingedien h, want hulle was oortuig dat ek 'n onwettige struktuur wil opsit - en dis iets wat slegs onwettige immigrante mag doen. Hulle was skaars weg, toe hou die brandweer hier stil om te baklei oor 'n sprinkelstelsel vir brandbestryding wat ingesit moet word. My bure het 'n petisie opgetrek en 'n saak teen my gemaak omdat ek kwansuis die woonbuurt se bouregulasies oortree en hulle uitsig gaan bederf met die ark. Ek is nou al op pad applhof toe met die saak. Ander Godsdiensgroepe het ook op die wa geklim omdat daar teen hulle gediskrimineer word - hulle beweer hulle het nie ook opdrag gekry om 'n ark te bou nie en dis blatante diskriminasie volgens hulle. Die konstitusionele hof hoor binnekort hulle eerste betoog hieroor aan.

Departement van Vervoer wil sekuriteit h vir toekomstige kostes wat aangegaan staan te word om kraglyne en ander oorhoofse obstruksies te verskuif sodat die ark tot by die see vervoer kan word. Hulle wil niks hoor van my argument dat die see hierdie keer na die ark toe gaan kom nie.

'n Ander probleem is die hout. Daar is 'n totale verbod op die afkap van plaaslike bome (behalwe as jy 'n plakker is) om sodoende die geplaveide rimpelgesig blouwildeboepensaandvolvlermuis te beskerm. Ek het die groenes probeer oortuig dat ek juis die bome nodig het om die gedroggie te red, maar hulle wil niks weet nie.

'n Volgende groot moles was toe die diere begin aankom het. Die omgewingsbewaarders het terstonds die DBV, die KGB, die minderheid provinsiale rugbyspelers wat nog nie Springbok is nie, Bridget Bardot en 'n paar verdwaalde SAPPE op my gesit (ek het nou nie juis omgegee vir BB nie, alhoewel my vrou wel wat te s gehad het, maar die res is bietjie erg). Ek hou dan glo wilde diere teen hul sin aan. Verder is die akkommodasie hopeloos te klein en te beperk vir so 'n groot klomp diere. Om die olifante en seekoeie te skei, druis reelreg in met hul burgerlike regte om snag te doen wat hulle wil met wie hulle wil. Die rugbyspelers het natuurlik dadelik daarop aangedring dat hulle 'n bedreigde spesie is en spesiale erkenning moet kry, want teen die volgende Wreldbeker gaan daar niemand meer oor wees wat nog nie Springbok geword het nie!

Die Departement van Omgewingsake het besluit dat daar nie 'n vloed mag wees voordat 'n behoorlike omgewingsimpakstudie gedoen is nie. Hulle wag egter vir die President om uit die buiteland terug te keer om eers 'n kommissie aan te stel om ondersoek in te stel na of die vloed nie nog 'n oorblyfsel van die ou apartheidsera is nie. Ek is ook haaks met die Menseregtekommissie oor hoeveel minderhede ek in my bouspan moet opneem. Ons het darem nou al ooreengekom dat daar nie meer as 5% paraplegiese eunigs hoef te wees nie. Die vakbonde dreun my op, want hulle wil net toelaat dat ek mense uit hul geledere aanstel wat arkbou ervaring het - en hulle is bietjie aan die skaars kant. Die Departement van Handel dring aan dat ek spykers uit Kuba gebruik weens een of ander arkbou ooreenkoms met hulle. Dit beteken dat Yskor eers spykers daarheen moet uitvoer sodat ek dit weer kan invoer. Niemand wil luister as ek s dat ek slegs tappe en voe in die konstruksie gaan gebruik nie. Dit het nou weer die Departement van Mannekrag op my neergebring wat my pampiere wil sien waarvolgens ek bevoegd is om op so 'n manier houtwerk te wil doen.

Seevissery en Marine Hulpbronne wil eers die ark vir seewaardigheid inspekteer en seker maak dat ek nie onwettig vir perlemoen gaan duik of meer as my kwota krewe daagliks gaan uithaal nie. As die ark te vr Suidwaarts dryf, is hulle bang dat een of ander Patagoniese tandvis geoes gaan word en met die dat helfte van die Weermag (die ander helfte is generaals) iewers in Afrika ontplooi is, gaan daar nie 'n ou skippie van die Vloot beskikbaar wees om die ark te jaag nie.

Dis nog niks! Die Ontvanger en Opgaarder het al my bates bevries. Hulle beweer dat ek die land onwettig met alles wil verlaat en 'n klomp bedreigde spesies sommer saam daarmee sonder permit wil uitvoer. Die Parkeraad het summier op al die diere beslag gel en hulle aan oorsese dieretuine verkoop.

Vergewe my dus. Hierdie ark gaan eers teen die derde geslag klaarkom." 

Skielik hou dit op met reen. Die wolke trek weg en die son begin skyn. 'n Reenboog deurklief die lug. Noag kyk verwonderd op en vra: "Gaan U nie meer die land vernietig nie?"

"Nee, " kom die antwoord. "Jou regering het my voorgespring."

Terug na kiesblad