NOG BYNAME:

'n leser skryf:
Ons het 'n onderwyser op skool gehad met die van 
van Broekman en sy bynaam toe - Pantyman.

Renne vertel:
Toe my pa 'n jong onderwysertjie was op Gerrit Martiz 
het hy ard gekweek aan sy snor (effe rooierig) en was 
hy self maar brand maer. Die skoolkinders het hom 
"Besem" genoem. 

En van Leon het hierdie een gekom:
Ons het destyds op Hoërskool Roodepoort 'n geskiedenis 
onderwyser ( vandag 'n hoof by 'n bekende Noord Wes 
Hoërskool) gehad met die bynaam van "Pirr", hy het hierdie 
bynaam gekry omdat hy altyd vóór die 'huistoe-gaan' klok 
gelui het, eerste by die hek uit was. Toe sê almal dat voor 
die klok lui 'pirr' sy karretjie by die hek uit.

Morné is laaste aan die woord:
Ons skoolhoof het altyd 'n bokbaartjie gehad, en het dus 
die bynaam "Bok" gehad, selfs onder die ouers en skoolraad.

Nuwe Onderwysers moes ook 'n opvoering lewer op die 
jaarlikse groentjiekonsert, en die een klein LO meneertjie 
het op 'n stadium tydens hulle vertoning op die verhoog 
gesit en roei in 'n boot. Sy bynaam was al my jare daar, 
en is seker nog steeds: Kano.

Die afrikaanse onderwyseres, alhoewel ek baie van haar 
gehou het, was party dae gaaf, ander dae minder. 
Haar bynaam "Moody".

By my werk is 'n vrou wat ook vreeslik bond aantrek, en 
baie grimering dra, daarom noem hulle haar "Krismis Boom"

Terug na kiesblad