JY WEET JY WORD "WONDERBAARLIK VOLWASSE" wanneer .

Jy en jou tande nie meer saam slaap nie
Jy jou kouse probeer optrek omdat dit kreukel, en dan besef jy het nie kouse aan nie
Jy hoor "snap, crackle, pop" aan die ontbyttafel, en jy eet nie graanvlokkies nie
Jy word wakker en lyk soos die foto op jou bestuurderslisensie
Dit neem twee probeerslae om van die bank af op te staan
Jou idee van 'n aandjie uit is om op die patio te sit
"Happy hour" beteken 'n slapie
Wanneer jy op vakansie is en jou energie op is voor jou geld
Wanneer jy vir jou kinders iets s wat jou ma altyd vir jou ges het . en jy het dit altyd gehaat
Wanneer al wat jy vir jou verjaarsdag wil h, is om nie aan jou ouderdom herinner te word nie
Jou idee van gewigte optel is om op te staan
Dit neem langer om te rus as om moeg te word
Jou geheue is korter en jou klagte is langer
Jou adresboek het meestal name wat begin met DR.
Jy sit in jou wiegstoel en kan dit nie aan die gang kry nie
Die apteker word jou nuwe beste vriend
Om 'n "gelukkie op te tel" beteken jy kry jou kar in die parkeerarea
Die vonkel in jou oog is slegs 'n refleksie van die son op jou bril
Dit neem dubbel so lank om die helfte so goed te lyk
Alles is seer, en dit wat nie seer is nie . werk nie
Jy soek 'n halfuur na jou bril . en dit was al die tyd bo-op jou kop
Jy slaan jou tande in 'n 'steak' in . en hulle bly daar
Jy doen afstand van al jou slegte gewoontes en jy voel nog steeds nie goed nie
Jy het meer geduld, maar eintlik gee jy net nie meer om nie
Jy kry uiteindelik jou kop reg . en jou lyf begin uitmekaar val
Jy wonder hoe jy oor die muur kan wees as jy nie eers kan onthou dat jy bo-op dit was nie

Terug na kiesblad