POETSE GEBAK (Geskryf deur - Danie.):

Ek was nog jonk en ongetroud. Ek het op daardie stadium probeer om eiendomme te verkoop, nie dat die sukses baie hoog was nie. Bel my vriend my eendag (terloops, hy het later my swaer geword), verander sy stem en sÍ dat hy 'n boer is wat nog 'n plaas in die Delmas-distrik soek en wat het ek om aan te bied. Omdat ek niks het om aan te bied nie, bied ek aan om hom binne 'n uur terug te bel. Ek sien in my geestesoog al hoe die Rande in hope in my bankrekening gedeponeer gaan word toe ek die eiedomsagente in Delmas bel. Met 'n paar goeie aanbiedinge skakel ek die voornemende "koper" en in die gesprek vergeet my "koper" om sy stem te verander en vang ek hom uit en daar en net daar tuimel my lugkastele in mekaar. My Ma het altyd gesÍ dat as 'n ou lugkastele bou, dan moet jy dit so hoog bou, dan as dit inmekaar tuimel, dan moet die val minstens die moeite werd wees. En in hierdie geval was die "val" die moeite werd.

Ek voel dadelik dat ek hom darem op 'n manier moet terugkry en maak allerhande (bose) planne. Besluit later op 'n plan en wag so drie weke en plaas toe in een van die bekende nasionale dagblaaie 'n klein "small" advertensie dat ek (so-en-so) 'n erf by die see het, met seeuitsig, maar dat ek in geldelike moeilikheid is en baie dringend die erf MOET verkoop en noem 'n belaglike prys en noem my vriend se telefoonnommer. My vriend het op daardie stadium by die hospitaal gewerk. Die dag toe die advertensie verskyn kom hy die oggend na die hostitaal aangestap, toe daar vir hom geskree word dat daar vir hom 'n oproep is. Hy loop sommer na die kantoor wat die skakelbord huisves om die oproep te neem. Terwyl hy die kantoor instap sÍ die dame vir hom dat hy darem baie populÍr is, want ongeveer 40 ouens het al gebel en sy het belowe dat hy sal terugbel.

Hy neem die oproep en die ou aan die ander kant vra of dit meneer so-en-so is, waarop daar bevestigend geantwoord word. Die ou aan die ander kant trek toe sommer as volg weg deur te sÍ dat hy weet dat wanneer erwe verkoop word, dan is daar 'n hele proses wat deurgegaan moet word. 'n Prokureur moet eers koopbriewe opstel, daar moet by die stadsraad 'n uitklaring ten opsigte van eiendomsbelasting gekry word en 'n hoop ander goed moet gebeur en na alles afgehandel is, dan moet alles na die aktekantoor vir registrasie en eers later moet die koopprys betaal word, maar hy is bereid om die proses om te keer. As my vriend net sÍ waar hy bly dan bring hy, die voornemende koper, dadelik die geld en kan die res van die proses later verloop, soos wat dit veronderstel is om te verloop, maar die erf MOET hy hÍ. My vriend (ek sal niks sÍ van my swaer nie) staan in skone verbasing na die gesprek en luister, want hy het nie die vaagste benul waaroor die hele gesprek gaan nie, maar sy opvoeding het hom geleer, dat jy nie 'n ander ou in die rede val nie. Eers na hy die ander ou kans gegee het om sy relaas te lewer word daar gevra van watter erf by watter see word daar gepraat. Intussen het die dame by die skakelbord vir my vriend beduie dat op al die inkomende telefoonlyne vir hom oproepe wag en hy moet nou gou maak, want hy blok die hele kommunikasiesisteem van die hospitaal.

Kom ek maak van 'n baie lang storie 'n korter een. My vriend het toe so diplomaties as moontlik vir die voornemende koper dit aan die verstand probeer bring dat iewers 'n baie groot misverstand moet wees, maar terwyl hy praat toe tref dit hom dat hy mos die anderdag 'n plaas in die Delmasdistrik wou koop en toe is alles skielik glashelder en het hy na die gesprek met die eerste koper aan die dame by die skakelbord gesÍ dat as iemand navraag doen oor sy erf by die see, dan is dit reeds verkoop.

Omdat die hospitaal maar klein is en almal omtrent alles van almal weet, wou sy dadelik weet van watter erf praat hy, want sover sy weet het hy nie 'n erf by die see nie. Binne minute is daar 'n skinderstorie versprei dat sekere ouens, waarvan die naam verswyg sal word, sommer 'n paar eiendomme by die see het, maar dat die persoon (waarvan die naam verswyg word) geldelike probleme het.

Dit kon 'n baie lelike nadraai gehad het, maar gelukkig het alles goed geeindig en is daar later heerlik oor die hele aangeleentheid gelag, maar dit het tog op 'n manier 'n nadraai gehad. Ongeveer 'n jaar na die episode kry my vriend 'n oproep van iemand wat sÍ dat hy 'n baie ou koerant het waarin daar 'n erf by die see met seeuitsig geadverteer word en of die erf dalk nog beskikbaar is, want hy stel belang. (Dit wys jou net dat advertensies tog waarde het EN dat as jy 'n ou 'n poets bak, dink ook goed na oor die moontlike nagevolge.)

Wees ook versigtig in die proses van poetse bak - jou vriend mag dalk net jou swaer word.

Terug na kiesblad