Die Rooi Ronde Ding

Wat is daardie rooi ronde ding wat almal in die kos wÍreld so oor gaande is? Dit is al beskryf as die grootse fonds sedert die Kiwi vrug die hele wÍreld hol gehad het in die vroeŽ negentigs. Dit is niks anders as die Peppadew nie. Nooit het ek gedink dat die Peppadew die wereld so op hol gejaag het nie.

Hier volg die geskiedenis van die groot ontdekking. ín Tamatie boer Johan Steenkamp het eendag so in sy landerye geloop en hier op ín droŽ deel van sy land die welige bossie sien groei. In stede daarvan om die bossie met wortel en tak uit te roei het Steenkamp besluit om die mooi vrug af te pluk en te proe. Sy mond was aan die brand, maar hy het nie dood neergeslaan nie en hy het toe sommer geweet dat hy hier ín wenner beet het.

Steenkamp het begin om te eksperimenteer met die vrug. Hy het die vrug geskil, gebottel en net daar blaas die hele spul op in sy gesig. Dit het hom blykbaar ín hele klomp geld uit die sak gejaag. Hy stuur toe die plant en vrug na Die Wetenskaplikke Navorsingsraad gestuur vir analise. Hulle het vir hom gesÍ dit behoort aan die capsicum familie, waarskynlik met sy oorsprong in Sentraal Amerika. Verder navorsing het aan die lig gebring dat hierdie plant nÍrens anders in die wÍreld voorkom of verbrou word nie. 

Steenkamp het hom nie laat onderkry deur die ontploffings nie en het begin om die vrugte te ontpit, wat die vrug natuurlik ín heelwat minder byt gegee het. Hy het ook die vrug in ín geheime sous ingelÍ. Hierdie Peppadews het hy begin bemark as ín rissie met pikante smaak. Steenkamp het ook gesien dat die plant die beste aard in ín droŽ omgewing met besproeiing. ín Enkele plant lewer sowat 15 kg vrugte in ín jaar. 

Net daar het die peppadews die wÍreld getref. Dit kom nou voor in verskeie lande. Omdat dit nuut is en daar nog nie eindelik reŽls en regulasies wat die eet daarvan betref nie, word daar hard en druk geoefen en probeer om peppadews met elke kossoort gaar te maak en te eet. Tot die Suid Afrikaanse Chefs Vereniging het die vrug so ín slag of wat beetgehad. 

Dit is nou net hier waar jy jou kosmakery ín hupstootjie kan gee. Aangesien die peppadew oop is kan hy gevul word met alles en nog wat. Heerlik as ín snoep gereg, of andersins kap hom fyn en gebruik dit in sop, of stowe geregte (heits kyk die Afrikaans eindelik wou ek stew gesÍ het). My vrou het nou die dag vir ons Pizza gemaak met Peppadews, feta kaas en eiervrug wat gebraai is. Dit was ín smaak ontploffing in die mond. Probeer dit gerus. My kop trek nou skeef soos wat ek dink. Ek sal graag wil ín eg Suid Afrikaanse Potjie praktiseer met al die eg Suid Afrikaanse kos bydraes. Soos hulle altyd sÍ hou die spasie dop. 

Sedert die ontdekking jare gelde het Peppadews ver gekom. Daar is nou al souse en tot gedroogde peppadews beskikbaar. Waar sal hierdie wonderlike Suid Afrikaanse kos bydrae eendag eindig ? Wie weet, maar intussen wil ek net vir die Peppadew sÍ baie welkom by die geledere van biltong, monkey gland sous, droŽ wors, rooibos tee, pap en wors. 

Terug na kiesblad