DIE SKERP LIGTE:

Die Oom Willem het op 'n dag vir hom 'n stel "spotlights" gekoop vir sy Ford Granada en dit die betrokke dag opgekoppel . Daardie aand sÍ hy vir sy seun om die motor in die motorhuis te trek en toe te sluit. 'n Rukkie later hoor hy die motor se revolusies loop vreeslik hoog en dit is net stof soos die motor staan en "spin", maar die voertuig wil nie 'n sentimeter vorentoe nie. Hy gaan toe uit om te kyk wat aangaan en klim toe self agter die stuur in. Dieselfde gebeur toe met hom. Hy klim toe uit om te kyk of daar nie iets voor die voorwiele is nie, maar daar is niks. Met die uitklimslag het hy per ongeluk die ligte afgeskakel en toe hy die motor weer probeer intrek, is daar geen probleme. Dis toe wat hy agterkom dat die "spotlights" se straal so sterk is en toe dit teen die motorhuis se muur skyn, kon hy die Granada nie aan die beweeg kry nie.

Dieselfde Granada het hy ook een dag gediens en moes toe skielik na Bloemfontein reis. Nou Bloemfontein en Burgersdorp is ongeveer 290 km van mekaar. Hy het die motor vol brandstof gaan maak en vertrek. In Bloemfontein aangekom, het hy weer gaan brandstof ingooi, en dis toe waar die petroljoggie hom meedeel dat die tenk nog tot in die bek vol brandstof is. By nadere ondersoek sou hy toe agterkom dat tydens die diens van die motor het hy vergeet om die vergasser terug te sit nadat hy dit skoongemaak het.

Oom Willem was ook 'n baie goeie rugbyspeler en skepskopper - hy het sy skepskoppe geoefen deur 'n halwe baksteen kaalvoet oor kraglyne te "drop".

Verder vertel Oom Willem dat tydens een stormagtige nag hy 'n vreeslike geraas op sy huis se dak gehoor het. Hy het sy flits geneem en gaan ondersoek instel. Toe hy om die huis se hoek gaan raak dit skielik donker voor hom. Hy sou toe agterkom dat die wind so sterk waai, dat dit die flits se ligstraal skoon wegwaai. Hy het toe maar in die donker rondgevoel totdat hy die leer gekry het en opgeklim om ondersoek in te stel na die geraas op die dak. Daar sou hy toe merk dat dit twee duiwe is wat spook om hul kleintjies te beskerm teen die wind en reŽn. Goeie mens wat hy dan nou ook is, neem hy die twee klein duifies in die huis in om hulle te beskerm en die twee ouers koer van tevredenheid en dankbaarheid. Die volgende oggend nadat die storm opgeklaar het, gaan plaas hy die kleintjies terug in die nes en dis waar die mammaduif toe op sy skouer kom sit en met haar vlerk oor sy kop streel om dankie te sÍ.

Terug na kiesblad