HOE RAAK EK VAN MY SKULD ONTSLAE?:

Koos is aan die woord:

Mense wat nie skuld het nie, is wenners. Dit wat ander aan skuld
afbetaal, teen 'n baie hoŽ rente, gebruik diegene wat nie skuld het nie,
om te spaar. Hulle geld word al hoe meer, terwyl die skuldenaars se
geld al hoe minder word.

Ons raak so maklik vasgevang in skuld en dis tog so moeilik om daaruit
te kom. Dit voel soms of 'n mens vir altyd daaraan gaan betaal. 

As 'n mens bereid is om 'n klein opoffering te maak, kan die volgende
metode gevolg word.

Veronderstel 'n mens skuld R5000 op meubels, R2000 op 'n DVD, R3000 op
kredietkaart en R200,000 op die huis.

Kyk watter skuld loop die gouste ten einde.

Betaal dan 10% meer af op die skuld - dit kan die tydperk met 'n paar
maande verkort.

Sodra skuld no. 1 afgelos is, begin dan met skuld no. 2. 

('n Mens kom baie maklik in die versoeking om jouself te 'beloon' omdat
die skuld dan nou kwansuis afbetaal is deur vir jouself weer 'n duur
artikel te koop. En die winkels lok ons gedurig uit - as dit nie op TV
is nie, dan word die advertensies in ons posbusse gedruk.)

Betaal die 10% meer wat u op skuld 1 afbetaal het, sowel as die
paaiement wat u op skuld no. 1 betaal het. Dit sal die afbetalingstermyn
op skuld no. 2 drasties verkort.

Sodra skuld no. 2 afgelos is, begin dan met skuld no. 3. Betaal die 10%
meer wat u op skuld no. 1 betaal het, sowel as die paaiement wat u op
skuld no. 2 betaal het asook die verpligte paaiement op skuld no. 3.

Skuld no. 3 gaan nou in 'n rekordtyd afbetaal wees.

Indien u op meer dinge geld skuld, kan die proses herhaal word met die
skuld wat oorbly. 

Dinge soos water en ligte, skoolgeld ens. gaan ongelukkig aan en aan.
Dit gaan nie help om meer daarop te betaal nie - hulle gaan net rente
trek op ons geld as ons meer betaal.

Kies skuld wat 'n termynafbetalingsooreenkoms het en betaal dit gouer
af.

Moenie dink jy kan nou maar weer spandeer sodra jy die skuld op 'n
sekere artikel afgelos het nie - gebruik liewer die geld wat jy op die
artikel betaal het, om ekstra af te betaal op die volgende artikel
waarop jy skuld. 

Jy is reeds gewoond aan 'n sekere afbetalingsbedrag - hou daarby totdat
al die skuld afgelos is.

As jou huis skuld het en al die ander skuld is afbetaal, tel al die
paaiemente bymekaar wat op al die skuld betaal is, (wat nou iets v/d
verlede is), en begin dit eksta afbetaal op jou huis. Dit is heel
moontlik dat 'n huis wat jou 20 jaar sou neem om af te betaal, nou in 8
jaar betaal kan word.

As 'n mens regtig nie die 10% meer kan bekostig om op skuld no. 1 af te
betaal nie, dink mooi op watter maniere ons kan bespaar om dit te kan
bekostig.

Telefoonkoste is dramaties laer na 7 saans. Moenie die ver familie
bedags skakel en 'n halfuur praat nie. As u 'n selfoon het op kontrak,
wag tot na 8 saans.

As jou seun/dogter se span gewen het en jy het belowe om hulle te
trakteer - doen dit by die huis. Laat hulle elkeen hulle eie hamburger
bou wat jy vir hulle braai. Dis baie goedkoper as om hulle uit te neem
na 'n restaurant. Dit geld ook vir ingewing v/d oomblik besluite om gou
iewers te gaan uiteet. 

As 'n mens lui is, is dit baie maklik om te sÍ dat dit in elkgeval geld
kos om by die huis te eet - dit kos in werklikheid aansienlik minder om
by die huis te eet!!

Die kos wat jy opeet in 'n restaurant is maar baie min werd. Wins wat
hulle op wyn maak is astronomies. Waarvoor jy eintlik betaal, is
personeelsalarisse, gebouhuur, ander oorhoofse kostes en natuurlik die
eienaar se eie vergoeding. En moenie die 10% fooitjie vergeet nie.

Het ons regtig daardie duur motor nodig? Of is dit belangrik om te maak
of ons ryk is?

Is duur vakansies nodig? Ja, ons het rus nodig - ons werk almal hard.
Het jy al kampering probeer? Deesdae is dit moontlik om baie gerieflik
so vakansie te hou.

Maar die groot geheim - moet nie intussen weer skuld maak nie, dan is
ons weer terug heel by die begin. 

As jy 'n kredietkaart het, sny dit stukkend en gee dit terug vir die
bank. 

Los daardie nuwe DVD, nuwe TV, nuwe klankstelsel. 

Dit is baie baie duur om 'n artikel op skuld te koop. Ons kan gelukkig
wees om 5% groei op ons pensioenfonds te hÍ, maar tog hef die banke of
winkels maklik meer as 20% as ons geld wil leen.

As jy 'n annuÔteit het wat teen 2% groei - oorweeg dit om liewer daardie
bedrag in jou huisverband in te betaal.

Het ons 'n volle mediese fonds nodig, of gaan 'n hospitaalplan, wat vir
al die duur mediese kostes betaal, voldoende wees?

Mense wat nie skuld het nie, is wenners. Dit wat ander aan skuld
afbetaal, teen 'n baie hoŽ rente, gebruik diegene wat nie skuld het nie,
om te spaar. Hulle geld word al hoe meer, terwyl die skuldenaars se
geld al hoe minder word - en die banke floreer.

Onthou om die bank vooraf kennis te gee dat jy die skuld vroeŽr gaan
afbetaal, anders kan hulle boete-rente hef. Die tydperk wat jy moet
kennis gee, mag verskil van bank tot bank.

Moenie 'n ou 'vrek' wees deur 'n sent om en om te draai nie, maar dink
baie mooi hoe om steeds die lewe te geniet teen 'n aansienlike laer
koste.

Ek hoop hierdie logiese manier om skuld vroeŽr af te betaal maak sin.

Terug na kiesblad