Die duiwel is 'n spinnekop:

Op 'n stadium l jy lekker in die sonnetjie langs die swembad en dit baljaar en speel om jou en jy 'swiets' lekker af hier by So-en-so Kampterrein of Oord. Synde dit 'n vakansienaweek is, het die oord se mense "vermaak" gerel. "Vermaak" beteken eintlik "Banale deuntjies wat te hard gespeel word" en as hulle regtig lus het om jou te treiter sal hulle 'n 'deejay' ook ingooi. (Vir diegene wat nie hedendaagse 'slang' verstaan nie: 'deejay' beteken "Iemand wat baie kan skree en nie regtig 'n Amerikaanse aksent moet h nie, want hy's eintlik van Piet Retief af".

Di outjie is in beheer van allerhande kompetisies - van Juffrou Blommetjie tot Meneer Bierpens. Gedurende dit alles kyk jy maar so na al die mense wat in die son l en baai soos 'n klomp pikkewyne op 'National Geographic'.

En dan tref dit jou: Jy is die walrus...

As klein kindertjies kom speel in jou skaduwee begin jy besef jy sal iets moet doen aan die onbedaarlike groeikoers van jou pens. Gelukkig is almal wat mens ken 'n absolute kenner op die gebied van oefening. Maak nie saak wie jy is nie, ek wed jou al jou kennisse, selfs die dikstes, kan uit die hoogte met jou praat oor oefening. So raad is daar baie.

Daar l jy in die son en die pligsbesef pak jou beet. Die logiese volgende stap is om 'n rukkie later jou vuurtjie aan te steek en sulke lekker vet tjops te gaan braai. Met pap. En 'n 'bun' met baie botter op. Dan gaan l jy in jou stoel en vergeet terstond van al jou voornemens vir omtrent ses maande.

Eendag sit jy dalk by die tandarts omdat een of ander psigopaat besluit het dis 'n blink plan om kleurvolle metaalskyfies in tjipspakkies te sit. Terwyl die tandarts met sy 'Leatherman' in jou mond invaar, vertel hy jou hoe wonderlik hemels sy lewe is vandat hy begin "spin" het. Mens byt sommer net daar sy vinger agter die nael af, want "spin" is 'n lelike ding.

Op 'n dag gaan teken mens op vir 'n 'gespinnery' by een van die 'fncy' plekke, s nou maar in Sandton of so. Nie alleen nie, sien, daarvoor is dit veels te vreesaanjaend. Iemand moet jou kar toe kan dra na die tyd. So mens kry 'n mede spinnejater - s nou maar iemand soos Blom. Mens stap daar in en omdat jy laat bespreek het, sit jy reg voor onder die neus van die instrukteur. Maar di mens lyk fiks jong...

Lank, lank gelede het Vrind Dawid die grote Goliat verinneweer met 'n kettie en 'n swaard. Dit het die klomp bedroefde Israeliete se bui beduidend verbeter en hulle is agter die vyand aan met die duidelike opdrag om elke vuil, vieslike, bose Filistyn vir eens en vir ewigheid, sandale en al, van die aarde af te vee.

Maar hier kom 'n mens toe agter hulle het een gemis - sy werk nou by Sandton se Virgin Active...

Op haar fietserige troontjie sit Juffrou Instruktrise. Sy sit ons aan die gang op 'n stywe pas, voel dit vir my, maar ons kry darem later 'n bietjie ritme. So doen ons lekker oefening vir 'n rukkie tot mens voel jy kry nou heelwat minder asem en dis dalk tyd vir 'n blaaskansie. Dis dan wat 'Die Heks van Endor' ons inlig dat ons nou die wielietjie moet vasdraai totdat ons bietjie weerstand op die bene voel. Waaat? Mens voel-voel aan die weerstanddingetjie en besef hy kan nie losser nie, so dis so goed ons het afdraende gery tot dusver. Al wat mens kan dink is: "O jitte..." En dis omtrent dit, want volgende kom 'Die Stem uit die Bose' om te vertel ons gaan nou opwarm...

Vyf-en-veertig minute later brand jou bene en jou longe roggel en jy kyk op jou horlosie en sien jy ry nou al vier minute lank fiets...

Na die opwarmingsessie s die 'Bose Gees' ons gaan nou bietjie staan en trap. Tot my onsteltenis is die hele klassie baie opgewonde hieroor en skielik voel dit vir my ek het in 'n sekte beland...

Daar staan ons en trap teen 'n opdraende op wat glad nie bestaan nie, en mens wil dood. Na 'n gestaan en trap van omtrent drie dae en vyfig kilometer kom die 'Engel van die Donker' tot haar sinne en s ons kan bietjie sit. Ek wil voor haar gaan neerval en dank betuig, maar ons sit omtrent net vir twee sekondes voor sy met 'n kwispel van haar lang rooi stert vertel ons moet die weerstand opdraai want nou gaan ons gou Everest uitry.

So hou dit aan vir 'n driekwart uur, waarvan ek meestal niks kan onthou nie, behalwe dat een van my longe amper uitgeklim het om te kom kyk wat aangaan hier by minuut vier-en-dertig. As jy nou genadiglik klaar is met di martelsessie, is dit tyd vir "afkoel". Dit behels langs jou fiets gaan staan en jou bene en arms en keelgat en dinge rek sodat dit kan lyk of almal eintlik 'oraait' gaan wees na dit alles. Ons klim af, maar daar's mos net jellie waar jou bene laas was. Almal staan langs hulle fietsies terwyl jy so skuins aan joune hang. Mens kyk vir Blom, sy staan by haar spinnefiets, maar sy wieg gevaarlik rond...

Na sulke woeste oefening trek jou keel mos toe van die slag toe jou long probeer ontsnap het. Jou asem probeer ook hier verbykom en dan begin jy onwillekeurig sing. So 'n hogerige noot met die inasem en so 'n lae ene met die uitasem. Hangend staan mens toe nou so en sing toe die Jesebel wil h ons moet ons een been bo-op die "handlebar" sit vir die rekslag. Ek kry hom so traphoogte voor ek begin swart spikkels sien. Dis omtrent dit vir die rekkery.

Mens waggel toe daar uit van fiets tot fiets, want sonder iets om aan vas te hou word daar te veel gevra van jou bloedsomloop en dan kom dans die spikkels weer en jou twee-noot wysie verloor heeltemal sy ritme. Die res van Sandton se mooistes en fikstes draf en huppel daar uit soos springbokkies in die lente. Ons lyk soos twee ou mensies wat mekaar kar toe help na 'n lang begrafnis.

Om dinge verder te kompliseer, gebeur die hele treurige oefensessie natuurlik op die tweede vloer en mens sien nie sommer dadelik kans vir 'n stel trappe nie. Plak toe maar mens se lam stre neer, bo-aan die trappe langs 'n pilaar wat vriendelik lyk. Nes jy dink jy't nou die meeste van jou asem terug gekry, probeer jy opstaan en dan is dit spikkels en so 'n nare kol op die pens. Jy vermoed enige verdere pogings kan lei tot 'n episode - iets wat jy sommer weet nie goed gaan afgaan in hierdie 'fncy' plek nie. Jy kan maar net sit en swets oor die 'Nommer van die Bees' wat haar volgende klassie met 'n bose glimlag verwelkom totdat jou asem op is en die floute jou bedreig...

Sondag in die kerk is moeilik. Sit is te seer en as jy staan bewe jou bene so dat almal om jou dink jy beleef 'n begeestering en wag net vir jou om in tale uit te bars. Maar dominee praat van die bre pad na die verderf en al die mooi en blink dinge oppad soontoe en die verleidster wat jou in haar strik wil vang. En mens knik gewyd vir dominee, want mens was daar.
 
Terug na kiesblad