Kinderstories te kies en te keur.

Die gesin ry met die motor op die deurpad. Die pad het
drie bane. Pa ry in die middelste baan. Voor ry twee
vragmotors. Die een ry in die linkerbaan soos dit hoort.
Die ander ry in die regterbaan soos dit nie hoort nie. Pa
het 'n rukkie agter hulle gery, om te kyk wat die een in
die regterbaan se plan is, maar hy bly regs. Pa besluit
om maar die kans te vat en tussen hulle deur te ry. Toe
pa-hulle tussen die twee vragmotors is, is dit 'n groot
lawaai. Hulle kom anderkant uit en Willem wil weet:
"Pa, is ons nou deur die klankgrens?"

++++++++++++++++

Jannie en Sannie is 5 jr en speel saam.
Die twee gaan toe na Sannie se Pa.
Jannie: "Oom, ek en Sannie wil trou"
Pa: "Nou waar gaan julle bly?"
Jannie: " Ons het besluit om in Sannie se pophuis te bly"
Pa: " Goed en wat gaan julle eet?"
Jannie: "Oom, ons het besluit, een aand sal ons hier kom
eet en een aand sal ons by my ma-hulle gaan eet."
Pa: " Dit klink goed, maar wat as daar kindertjies is"
Jannie: "Oom ons het daaraan ook gedink en besluit as
Sannie begin eiertjies lÍ dan trap ons hulle stukkend.

++++++++++++++++

Juffrou by die kleuterskool vertel die kinders van tuine,
plante en dinge, en uiteindelik verstaan hulle ook van
bladwisselende bome en immergroen plante. Kerneels
se kleindogter kom tuis van die kleuterskool af en
ingedagte betrag sy Oupa se bles voordat sy haar tot
Ouma wend:" Ouma, is Oupa ook bladwisselend?".

++++++++++++++++

Maria se kinders is al groot en uit die huis uit. Twee
dogtertjies van vriende kuier by haar en haar man.
Kuier is vir die twee baie lekker en met die vertrek
is almal bietjie droewig. SÍ Maria:" Ag ja, nou bly
ek alleen agter, sonder kindertjies en ek kan ook
nie meer van my eie hÍ nie", maar voor sy iets kon
sÍ van "te oud" val Mia haar in die rede met:
"Hoekom nie, is jou melk dan suur".

++++++++++++++++

My sussie se seuntjie (toe 5 jaar oud) het een aand aangedring
daarop dat hy wil dankie sÍ vir die kos. Aangesien hy elke
oggend sy gebedjie opsÍ wat onder andere die volgende bevat:
"dankie dat U ons gespaar het deur die nag wat verby is, en gee
ons asseblief krag vir die dag wat voorlÍ", was dit vir hom net baie
logies om die volgende te bid: "Dankie dat U ons gespaar het deur
die dag wat verby is, en gee ons asseblief krag vir die kos wat ons
nou moet eet"

++++++++++++++++

Die boodskap:
Die dokter bel 'n pasient by die huis en klein Jannie tel die
foon op. "My pa-hulle is nie hier nie," sÍ hy.  Dokter vra of
hy vir hulle 'n  boodskap kan gee.  "Seker", sÍ Jannie, hy wil
net gou 'n potlood gaan haal.  Na 'n rukkie is hy terug.
"Hallo, Oom. O, gits.  Die potlood se punt is  af.  Ek gaan haal
gou-gou 'n ander een." Na 'n rukkie is Jannie terug.  "Hallo Oom,
nou het ek 'n potlood met 'n  punt." "Nou ja, sÍ asseblief vir jou
pa........"
SÍ Jannie: "Maar Oom, ek kan nog nie skryf nie."

++++++++++++++++

'n Goeie sÍding wat ek al vergeet het, is weer in die gesels
van die naweek opgehaal en wil ek dit eers gou vir jou vertel
voor ek dit weer vergeet. Die episode het plaasgevind in die
dorpie Murraysburg, in die Karoo waar ek groot geword het.
Klein Bennie was maar altyd 'n handvol en glad nie op die
bek geval nie. Juffrou vertel  vir die destydse Sub A's van
DaniŽl in die leeukuil. Almal luister aandagtig want juffrou
kan 'n storie vertel ! Nadat sy klaar vertel het, wou sy darem
hoor wat elkeen onthou het en vra so 'n paar vrae onder andere
wat elkeen sou doen as hy of sy in DaniŽl se situasie sou wees.
Jannie sÍ dat hy maar net sy ogies styf sou toeknyp sodat hy
nie die kwaai leeus kan sien nie. Pietie sÍ weer dat hy maar vir
Liewe Jesus sou vra om die leeus dood te maak. Sannie meen
sy sou ook maar vir Liewe Jesus bid om haar te beskerm. So
het elkeen sy eie opinie gegee. Bennie het doodstil gesit sodat
juffrou hom later moes vra: "En toe Bennie, wat sou jy doen as
jy in 'n kuil vol kwaai leeus gegooi word soos met DaniŽl gebeur
het ?" Toe kom die antwoord baie eerlik : "Jis juffrou, ek sou eers
my natgemaak en dan my broek vuilgemaak het."

++++++++++++++++

My nefie het by my ouma-hulle gekuier en was die aand
ook weer lus vir koffie nadat hulle al gaan lÍ het.  My ouma
was baie traag om op te staan en sÍ toe sy sal die volgende
oggend vir hom 'n groot beker koffie maak. Die mannetjie is
baie skerp en kom toe met die volgende voorendag:
"Ouma weet, daar was 'n seuntjie in my klas wat vir sy ouma
brood gevra het, sy het ook gesÍ sy sal die volgende oggend
vir hom brood gee en die volgende oggend was hy dood en toe
kon hy nie die brood eet nie."

++++++++++++++++

Nog 'n kleuterskoolstorie: Juffrou vertel die kleingoed van bulle,
koeie en kalwers. Sy verduidelik dat die klein kalfie nie gras kan
vreet as hy nog klein is nie, maar dat hy melk drink. Die melk kry
hy deur aan sy ma se spene te suig. Anke haak af met: "Ja, ek het
ook aan my ma se spene gesuig."

++++++++++++++++

Koenie-hulle het 'n hondjie gehad. Die hondjie se naam was
Oubasie. 'n Seuntjiehond moet mos 'n seuntjie naam hÍ.
Oubasie het 'n probleem gehad wat alle seuntjiehonde en alle
seuns van so om en by 16 en ouer ondervind. Seuntjiehonde
kan egter "reggemaak" word. [Ek dink baie Pa's en Ma's met
groot dogters wens soms dit kan met groot seuns ook gedoen
word.] Allegeval, Oubasie moet die veearts besoek en na die
besoek is baie probleme uitgeskakel. Die familie kom kuier en
iemand vra: "Is dit Oubasie?" En Koenie antwoord:
"Nee, dis Ounooi wat eers Oubasie was."

++++++++++++++++

Ek staan en knie eendag deeg om beskuit te bak. My 3-jarige
kleinseun het my 'n rukkie dopgehou en sÍ toe: "Jis Ouma,
maar nou boks jy hom darem lekker"

++++++++++++++++

Twee van haar kleinseuns het een aand, na 'n partytjie waar
hulle baie deurmekaar geŽet het, 'n bed gedeel.  Gedurende
die nag skree enetjie uit die kamer: " Ouma, kom help!  Hennie
se magie werk deur sy keeltjie!"

++++++++++++++++

Die dominee wat ons getrou het kom die een oggend by my
ouers aan en kan nie ophou lag nie. Die saak staan toe so:

Een van die gemeente se vrouens en haar 4-jarige dogtertjie
het elke oggend so teen 10 uur mevrou-mevrou gespeel dan
het die kleinding by die agterdeur uitgegaan, omgeloop na die
voordeur en plegtig gaan aanklop. Dan het mevrou (ma) die
voordeur oopgemaak en die mevrou (kleinding) ingenooi
om te kuier en om sommer saam met haar tee te drink. Dan
het die twee mekaar ge-mevrou en land en sand gesels. Wel
die oggend was dominee daar toe die klop aan die voordeur
kom,  mevrou word binne genooi en tee gegee. Mevrou (ma)
vra toe vir haar mevrou nou hoe gaan dit met jou. Nee antwoord
sy - baie sleg, my man was laasnag dodelik siek ek het nooit 'n
oog toegemaak nie. Nou wat is dan fout met hom vra
mevrou - kom die antwoord - weet jy hy het laasnag 'n miskraam
gehad.

++++++++++++++++

Op Oupa-hulle se plaas is 'n baie handige klong. Terwyl
Willie en Gert, Oupa se kleinseuns, op die plaas kuier, het
hy vir elkeen 'n kitaartjie gemaak van leŽ olieblikke, en hulle
tokkel tog te lekker en nogal behendig op die snare. Toe 'n
paar maatjies kom kuier, hou hulle sommer konsert.

Een outjie, die 3-jarige Fransie, neem die een kitaar en merk
dat die een snaar gebreek is. Terwyl hy dit teruggee, kla hy:
"Willie, hoekom is sy singetjie stukkend?

++++++++++++++++

Dis oukersaand en Ouma lees vir die kleingoed die Kersverhaal
.................."en die maagd het swanger geword ............."
Ouma stop skielik, want sy wonder: "weet julle wat beteken swanger?"
Kortaf antwoord die 3-jarige Wian: " Ja Ouma, Preggies!!"

++++++++++++++++

Ouens wat sensitief is vir 'n kru woord, moet asseblief nie
verder lees nie. As jy verder lees, moet jy asseblief nie vir
my verkwalik nie.

Ouma was 'n baie waardige en verfynde ou dame. Sy sit en
gesels met 'n paar vriendinne toe Connie [4], haar kleinseun
wat sy vir die Saterdag moet oppas, by die sitkamerdeur in-
gehol kom met: "Ouma, gee seblief vir my papier, dis dringend!!!!"

Maar Ouma boender hom uit met: "Man, moenie ons pla nie,
gaan speel buite."

Na 'n rukkie is hy terug met dieselfde versoek en weer verwilder
Ouma hom met die belofte dat sy bietjie later vir hom papier
sal gee om op te teken.

Na so 10 minute is hy terug en hy skok  vir Ouma amper in die
nuwe millennium in met: "Ouma die papier is nie meer nodig nie,
want ek het my hollie sommer met my hemp afgevee."

++++++++++++++++

Steve Hofmeyer sing van die Bloubul en hierdie staaltjie het
met daardie liedjie te make:

Ons was vir 'n uitstappie Roodeplaatdam toe - en met die
terugry huis toe, het Charles (6) lustig in die kar die liedjie
*Die Bloubul weet nie van verloor af nie* gesing.
Mettertyd dring dit tot my deur dat die woorde darem bietjie snaaks
klink en ek vra hom 'Charlie, wat sing jy daar?' Hy antwoord my:
'Ouma, jy weet mos, daai liedjie......
*Die Bloubul vreet nie van die vloer af nie!*

++++++++++++++++

Ma kom die dag van die werk af en Magriet is in trane met Ma
se tuiskoms. Ma troos, maar dit help nie veel nie. Later, heelwat
later is sy bietjie rustiger en Ma wil weet wat die probleem is.
En sy vertel: "Ma toe ons laas by Annie (haar niggie) was, was
daar 'n parratjie en ek het met hom gespeel. Annie se Pa het
gesÍ ek moenie dit doen nie, want ek gaan goeters op my
vingers kry. En kyk nou daar, daar sit die "parrapuisie" wat
die oom van gepraat het."

++++++++++++++++

Dylan was in die bad. Soos kinders maar is, het hy met die skuim,
die seep, die waslap en wat nie al gespeel nie. Later wonder Ma
hoe hy vorder en besluit om te gaan kyk. Toe sy in die badkamer
kom, staan sy geslagsdeeltjie kiertsregop. Op Ma se vraag wat nou
aangaan, kom die droŽ antwoord: "Ma, dis net tottie, hy doen
oefeninge!!"

++++++++++++++++

Dis Sondag. Ma, Pa en klein Pietman [3] sit in die kerk.
Diť dag het die dominee seker 'n tweede asem gekry,
want sy preek was besonder lank. Iewers in die diens
het Pietman vir Ma gevra [ten aanhore van 'n groot
deel van die gemeente]: "Ma, is dit nog steeds Sondag??"

++++++++++++++++

Die kleuterskoolonnie vertel die kinders van die tien gebooie.
Van eer jou vader en jou moeder en jy mag nie steel nie en als.
Behandel al die gebooie so half in 'n neutedop. Na die les wil
sy darem weet of die kinders geluister het en vra vir Pietman watter
gebod kan hy onthou. Staan die kÍreltjie op en beduie: "Juffrou,
jy mag nie jou Pa en Ma doodslaan nie."

++++++++++++++++

Adolf kom baie verontwaardig by die kleuterskooljuffrou
aan, sy arms swaaiende, die vuisies gebal en rooi in die gesig.
Sy wil natuurlik weet wat gaande is en Adolf verduidelik:
"Juffrou ek gaan vir Kobus vrekmaak, want hy wil my meisie
vat en dan kan ek haar nie meer vry nie!!!"

++++++++++++++++

Nikita [3] kla by haar Ma dat sy nie borste het nie. Ma verduidelik dat
dit nog sal kom, sy moet net eers bietjie groter word. Sy het 'n
rukkie gedink oor wat Ma gesÍ het en merk toe op: "Ek hoop nie
dit word so groot soos Ouma s'n nie, want my ruggie sal dit mos
NOOIT hou nie."

++++++++++++++++
 

Terug na kiesblad