'SUSTER' VERSTER - Corinus.

In Januarie 1971 meld ek as 17-jarige vir Diensplig by die SA Leergimnasium in Heidelberg (Tvl) aan. Dis 'n vreemde wÍreld, vreemde klimaat (in die Boland is ek gewoond aan sewe dae se reŽn op 'n keer, hier reŽn dit sommer binne 'n halfuur klaar ), vreemde mense (nie net die manne met strepies op hul arms nie, maar ook mede-dienspligtiges), vreemde gebruike en vreemde roetines.

Maar wat, mens is jonk, jy gaan vir ewig lewe en almal om jou lyk nes jy - poenskop geskeer, doibie op die kop en een oorpak wat jy net weekliks kan omruil al is dit ook hoe vuil.

My pelotonsersant is sers 'Kiepie' de Wit, kort van postuur en humeur, maar so beneuk met 'n klomp "rowe" (dis nou ons) dat die erd behoorlik van hom afspring. Saam met ons in die peloton is 'Suster' Verster. Hy is bietjie oorgewig en dra permanent 'n wit doibie as bewys dat hy 'n mediese probleem het. As ons iewers heen moet hol, drentel hy rustig agterna. As 'Kiepie' die wit waks uit ons dril, staan hy 'oppieplekrus' aan die kant van die paradegrond en sweet nie eers nie. Wanneer ons middae by die eetsaal aankom, is hy reeds daar.

Dit het seker vir so 'n drie weke aangehou en ons klomp was later goed dik vir hom, maar sy wit doibie beskerm hom en maak hom onaanraakbaar.

Een middag moet ons die roete om die skietbaan hardloop. Almal staan aangetree, met 'Suster' Verster wat ook daar rondhang. Alhoewel hy nie mag hardloop nie, moet hy by al die aktiwiteite wees.

Kiepie vra op 'n stadium: "Verster, wat is fout met jou?"

"Nee Sersant, ek het 'n blindedermoperasie gehad."

"Nou wanneer was dit?"

"Toe ek vyf was."

Kom die opdrag onmiddellik: "Makeriepas!" en 'Suster' word summier derde van voor in die peloton ingedruk en daar gaan ons op 'n stywe galop. Dis nie 100 jaar nie of Verster gryp na die lug en slaan neer. Die drie weke van niksdoen terwyl ons ander al lekker aan die fiksword was, het nou nie juis vir sy asem gehelp nie. Dis bietjie chaos soos die ouens agtertoe probeer om nie op of oor hom te val of op hom te trap nie. 'Kiepie' halt die peloton, Verster neem sy plek in en daar trek ons weer.

Dis nie 200 tree nie of Verster gryp weer na die lug en gaan weer grond toe. 'Kiepie' halt die peloton net daar. "Verster, kom neem jou plek as merker heel voor in. Die agtermiddag is jonk en die aand lank. Laat ek net sien dat een van julle die pas verbreek as Verster weer val en julle kom vannag baie laat in die bed. Looppas mars!"

Hierdie keer hou hy so 'n 50 meter voor hy weer neersyg. Toe die derde stewel weier om sy lÍplek te ontsien en sonder ontsag (en miskien met 'n bietjie wrewel daaragter) bo-op of deur hom probeer trap, vlieg hy daar op en bly voor tot in die kamp terwyl 'n koor van stemme hom van agter af aanmoedig. "Laat hom bietjie na agtertoe deurkom, manne" en "I want to bone my boottip with some stomach fat" en "Los iets vir ons ouens hier agter." Gewoonlik is dit doodsonde om in 'n peloton te praat, maar 'Kiepie' is skielik so doof soos 'n kwartel.

Ek moet sÍ, 'Suster' Verster se vetjies het daarna merkwaardig vinnig weggesmelt - daarvoor het 'Kiepie' gesorg!

Lesse hieruit geleer?

1. Jy kan net tot op 'n punt lyf wegsteek.
2. Groepsdruk kan ook positief op iemand inwerk, al is dit in die vorm van 30 paar stewels.
3. Dis soms goed om aan selektiewe doofheid te lei.
4. Moenie te lank wag om van 'n operasie te herstel nie!

Terug na kiesblad