BOODSKAP VIR ELKE VROU...

Dis so verskriklik maklik om net te leef en nie te beleef nie; om 'n toeskouer eerder as 'n speler te word. Om net te is. Die belangrikste is dat ons nie tou opgooi nie; dat ons mekaar aanmoedig, ondersteun en herinner aan jou verantwoordelikheid om die lewe in al sy fasette te beleef.

Daar is so baie dinge wat ek wens. Vir myself, vir die vroue in my lewe, vir l die vroue. As dit so in die verbygaan aan jou siel raak, sal dit my bly maak; as dit iemand kan aanmoedig om meer te wees en minder te is.

Elke vrou behoort vas te klou aan haar drome. Want as ons nie aan die onmoontlike glo nie, sal die moontlike ons lewe tog so voorspelbaar maak. Elke vrou behoort onbevange die wreld in te vaar; haar nie te bekommer oor kind of kraai, man of Meraai nie. En te weet wanneer die tyd ryp is om terug te kom.

Elke vrou behoort minstens een keer in haar lewe met iemand te vry omdat sy lus is. En vir geen ander sinvolle rede soos liefde, samesyn of emosionele binding nie. Elke vrou behoort haar eie grense oor te steek, anders sal sy nooit weet wat moontlik vir haar wag of waartoe sy in staat is nie. Elke vrou behoort vir 'n selfsugtige minnaar te kan s: "Ek het jou nie nodig nie," en dit bedoel. Elke vrou behoort te weet sy verdien die beste en te weet wanneer sy dit nie kry nie.

Elke vrou behoort soms kliphard te lag. Al is dit vir 'n simpel rede. En vere voel oor wi dink wt. Elke vrou behoort 'n keer in die maanlig te dans. Met die sand onder haar voete, die wind in haar hare en 'n hart wat warm teen haar bors klop. Elke vrou behoort 'n slag kaal te swem; net die koel water teen jou vel, onbevange, ongebonde, onverskrokke. (Darem nie op Hermanus op 'n Kersdag nie).

Elke vrou behoort haarself op die skouer te klop. Elke vrou behoort vir haarself te kan lag. Elke vrou behoort die wonder van stilte te leer ken. Elke vrou behoort minstens een sexy rok te h. En 'n paar ho, stout, swart skoene. Elke vrou behoort in 'n geheimsinnige man se o te kyk. En as sy meer wil doen as kyk, is dit haar saak.

Elke vrou moet soms s wat sy dink. Sonder om te dink wat sy s. Elke vrou moet 'n opregte vriendin h. Dis 'n verhouding sonder verwagtinge, omvangryk en rentevry. Elke vrou moet die waarde van n met ewe groot agting bejen as die moontlikhede van mre en die verganklikheid van gister. Elke vrou moet haar verbeelding gebruik. Wat anders kan jy daarmee doen?

Elke vrou moet haar hart volg, haar instinkte vertrou en haar hakskene gereeld skuur. Elke vrou moet kan vergewe en vergeet. En weet dat haar geluk van niemand behalwe haarself afhang nie. Elke vrou behoort nou en dan in die ren te loop. 'n Kind se hand vas te hou en 'n babakat se maag te kielie.

Elke vrou moet trots wees op haar ouderdom. Dis die myle en nie jare nie wat tel. Elke vrou moet besef haar adres, haar man se status en haar kind se prestasies weerspiel niks van haar eie verdienstelikheid as mens nie. Elke vrou moet kan s: "Bogger dit." En elke vrou sal wanneer sy op 'n donker aand haar kop hemelwaarts draai, 'n boodskap tussen die sterre lees wat nt vir haar geskryf is."

Terug na kiesblad