Wat n gemors van n gemors.

Ek moet aan lesers van Egafrikaans die volgende staaltjie vertel wat n vriend aan my vertel het. Om verstaande redes sal ek die ouens waarmee die volgende gebeur het beskerm deur nie die regte name te noem noem nie. Kom ons noem die pa van die gesin Gieljam, dan is daar natuurlik Ma-Gieljam en nog drie Gieljam erfgename. Omdat hulle noemname nie vir die doel van hierdie staaltjie belangrik is nie, sal ons hulle sommer die "Gieljammetjies" noem. 

Na daardie intree paragraaf, kan ons met die storie begin. Die Gieljam gesin het vir maande, miskien is dit jare, al die begeerte om n woonwa te koop. Hulle was baie slim en het die goue rel gevolg en n woonwa gaan huur en vir n naweek gaan kamp om seker te maak dat hulle van so n soort vakansie sal hou. Wenk: Indien jy ook lus is om woonwa te koop, neem die wenk om net eers n woonwa op n proefrit (of is dit n proefnaweek) te neem. Terloops, ons het n vriend wat di Donderdag sy nuwe woonwa ontvang het, die naweek by Vaaldam gaan uitspan het en om Maandag n koper vir die ding te soek, want woonwa vakansies was nie vir die ma van die gesin bedoel nie. 

Nou het ek heeltemal van die storie afgedwaal. Allegeval, Gieljam en sy gesin het besluit om woonwa te koop. Wanneer daar n buitelugskou in die omgewing was, was hulle daar om na die droom woonwa, wat in hulle behoeftes sou voorsien, te soek. Alle woonwa handelaars is ook dikwels besoek, want alhoewel hulle wou koop, was die spaargeld nog te min en pa-Gieljam het besluit dat hy nie koop voordat die finansies dit sou toelaat nie, dus was hulle geduldig.

En toe op n dag het die wonder gebeur. Die oomblik toe Gieljam en mevrou Gieljam in die woonwa instap en na die uitleg kyk, het albei geweet, bo alle twyfel geweet, dat dit is waarna hulle nog altyd gesoek het. Prys en ander inligting is uitgevind en hulle is huistoe en daar pa het sy sompompie nader gesleep en verwoed begin somme maak en het tot die oortuiging gekom, dat met die hulp van die kredietkaart, wat bietjie verkrag sou word, hulle die woonwa kon koop.

Huisvergadering is gehou en die besluit is geneem. Ons koop. Die verkoopsman is geskakel en die nodige relings is getref, maar die woonwa kon eers oor twee weke afgelewer word. Dit het pa welgeval, want die dubbelmotorhuis, waarvan net die een kant gebruik is, moes darem eers skoongemaak word, sodat die nuwe woonwa tuis sal wees in sy nuwe skoon tuiste. Daar is aan die werk gespring, soveel so, dat die bure gedink het dat Gieljam en die ander Gieljammetjies aan die trek is. 

Op die afgesproke dag is al die Gieljammetjies in die motor om die woonwa te gaan haak, behalwe die jongste, hy was weg, skoon weg, totdat hy later met n klein tassie uitgestap gekom het. Op n vraag wat in die tas was, was sy antwoord, dat hy sy swembroek en handdoek saamneem, net ingeval pa besluit om met die woonwa te gaan kamp en pa hom nie ingelig het nie. 

Die nodige is by die handelaar gedoen en die woonwa is gehaak. Baie versigtig het pa begin terug ry. By die huis gekom, is die woonwa weer deeglik bekyk, bevoel en gewaardeer en goedgekeur. Die items wat reeds vir vakansie aangekoop is, is ingelaai en al wat nou nog gedoen moes word, was om die woonwa in sy nuwe tuiste in te stoot en daar en net daar het die probleme groen en geil gestaan. Nee, moenie kommer nie, pa het nie die ding gestamp nie, dit was veel erger.

Toe daar ingestoot moes word is ma-Gieljam opdrag gegee om agter links en die ander Gieljammetjies regs agter te staan en vir pa te beduie wat om te doen. Pa het versigtig, maar baie versigtig begin om agteruit te ry, skielik is van alle kante geskreeu dat pa moes stop en pa moes dit onmmiddelik doen. Ma het van agter na pa geloop en toe pa ma se gesig sien het hy besef dat hier fout is en daai fout is n meneer van n fout. Pa het uitgeklim en om geloop om te sien wat die probleem was. Pa het ook wit om die kiewe geword, want die woonwa, al was dit n lae profiel, was te hoog vir die motorhuis se deur. Weer is n huisvergadering gehou en daar is besluit om raad te gaan vra by die verkoopsman. 

Die verkoopsman het aanbeveel dat pa die bande se druk moes verlaag en kyk of dit nie die probleem sou oplos nie. Dit is gedoen, maar dit het nie veel hondhaaraf gemaak nie, die woonwa was nog veels te hoog. Terug na die handelaar. Sy plan B het beloftes ingehou. Hy het naamlik n stel ou vellings (rims vir die wat nie weet nie) gehad en het aanbeveel dat pa die huidige wiele sou afskoef en die vellings in hulle plek sou aanskoef en kyk of die woonwa dit dan sou maak. Dit is gedoen, maar die woonwa was nog so n sentimeter of vier te hoog. Verkoopsman is geskakel en miskien, net miskien, was hy meer prakties as Gieljam en het aanbeveel dat ma-Gieljam en die Gieljammetjies in die woonwa moes inklim en dat die vere soveel sou meegee, dat die probleem opgelos sou word. Dit is gedoen en met die hulp van n buurman, wat moes kyk dat pa nie die woonwa beskadig nie is weer probeer, maar steeds was dit nog n katspoegie te hoog. 

Hierdie keer het buurman met die oplossing gekom. Hy, dis nou die buurman, het n paar gewigtige tannies van die buurt gaan roep om na Gieljam se nuwe woonwa te kom kyk. Hulle het bekyk en bewonder, maar buurman het aanbeveel, dat hulle moes inklim om die uitleg van die wa te kyk. Buurman het vooraf met Gieljam gerel dat hy hom, wat buurman is, in die truspiel moet dophou en as hy die tannies binne het en die deur toedruk, moet Gieljam laat wiel. So ges so gedaan. En voordat jy kon s: "Foonpret is bak" en voordat die geskreeu en gegil van binne die woonwa die buurt se honne en katte op hol gehad het, was hy (die woonwa) in sy nuwe tuiste. (Hoe hy later weer daaruit gekom het, is 'n storie wat ek annerdag sal vertel.)

Die tannies het uit daardie woonwa gepeul soos wat treinreisigers op Soweto se stasie doen, nadat die trein tot stilstand gekom het en hulle (die tannies) het net een doel voor o gehad en dit is om vir buurman in die hande te kry, maar buurman is nie so dom as wat hy lyk nie en het soos mis voor die mreson verdwyn.

Terug na kiesblad