'n PAAR WYSHEDE:

Een gawe woord kan drie wintermaande warm laat voel. - Japannese spreekwoord

Om dankbaar te voel en dit nie te wys nie, is soos om 'n geskenk toe te draai en dit nie te gee nie. - William Arthur Ward

Welwillendheid is die taal wat die dowes kan hoor en die blindes kan sien. - Mark Twain

Vriendelike woorde kan kort en maklik wees om te s, maar hul eggo's is waarlik eindeloos. - Moeder Theresa

Welwillendheid is 'n moeilike ding om weg te gee; dit hou aan om terug te kom na die gewer. - Ralph Scott

'n Klop op die rug, hoewel net 'n paar rugwerwels weg van 'n skop op die agterstewe, is myle ver voor as dit by resultate kom. - Bennett Cerf

Moet nooit op enigeen neersien nie, tensy jy besig is om hom op te help. - Jesse Jackson

Wees gaaf met mense op jou pad boontoe, want jy gaan hulle weer ontmoet op jou pad af. - Wilson Mizner

Goedhartigheid is nooit 'n vermorsing nie. As dit geen uitwerking op die ontvanger het nie, bevoordeel dit ten minste die gewer. - Ralph Scott

God gee jou die gawe van 86 400 sekondes per dag. Het jy een daarvan gebruik om dankie te s? - William Arthur Ward

Om ontsteld te wees oor wat jy nie het nie, is om dit wat jy wel het, te vermors. - Ken Keyes Jr

Hy wat voordeel met dankbaarheid ontvang, het reeds die eerste paaiement van sy skuld betaal. - Seneca

Behandel jou meerderes met beleefdheid omdat dit jou plig is, jou gelyke omdat dit jou plesier is en jou mindere omdat dit jou voorreg is. - C J Langenhoven

Die glimlag wat jy aan ander gee, vlieg altyd terug na jou eie hart. - Indiese spreekwoord

Te veel mense kyk die silwer randjie mis omdat hulle op die uitkyk was na goud. - Maurice Setter

As jy al jou bates tel, wys jy altyd 'n wins. - Robert Quillen

Daardie ou rel van 'n oog vir 'n oog, laat almal uiteindelik blind. - Martin Luter King Jr

Terug na kiesblad